Die lewe is soos ’n roller-coaster – soms op, soms af en vol baie draaie maar darem altyd hope pret. As ek terugstaan en na my lewe kyk uit die oog van ’n buitestander dan is ek eintlik ook so tussen twee of drie roller-coasters.
Ek staan ’n hele paar verskillende skoene vol. Ek is nog ’n student besig met my finale jaar Uitgewery/Publishing studies aan die Universiteit van Pretoria. Ek is ook die editorial assistant van BLOSS magazine en bou blok vir blok saam met ons span aan ’n hele media platform. In my hart voel ek nog soos ’n kind, maar my brein herinner my gereeld dat ek nou die grootmens wêreld betree het.
Dit is nie altyd maklik om jouself in twee verskillende wêrelde, elk met sy eie stel verantwoordelikhede en uitdagings te vind nie. Ek staan wel terug vir geen uitdaging nie. So hier is jy nou saam met my op daardie roller-coaster, soms gaan dit wilder gaan as ander dae, ek weet. Ek sien wel uit om elke dag aan te pak, my kantoor ure te embrace so tussen die studiesessies deur en meer te leer oor die lewe en myself in hierdie “in between” fase.
“The only person who decides what your future looks like, is you.”
Photo by Claire Satera on Unsplash.