Kalmeer jouself met 3 maklike stappe

Met die lewe wat so besig is deesdae kry mens skaars kans om asem te haal. Letterlik en figuurlik. Ons is geneig om hierdie gevoelens net onder die mat in te skuif en aan te hou woeker, wat dan daartoe kan lei dat ons heeltemal uitbrand.

 

Hier is ʼn paar idees wat ek van tyd tot tyd probeer om kalmte in my lewe te kry wanneer ek voel ek raak ietwat oorweldig:

 

  1. Haal asem: Ja, jy haal reeds asem sonder om te dink, maar ons fokus nie genoeg hierop nie. Probeer daagliks tyd maak – in die oggend voor jy op pad is om jou besige dag te begin of in die aand na ʼn lang dag, werk gewoonlik goed. Probeer ten minste 20 keer diep in asem (deur jou neus), hou dit dan ten minste vir ‘n sekonde of 2 op, en blaas dan hard uit deur jou mond (soos die wolf in die drie varkies). As jy lighoofdig begin voel, probeer dalk dit stadiger doen. Jy kan iets soos Smiling Mind aflaai op jou foon, waar daar baie oulike meditasie oefeninge en asemhaling klasse is.
  2. Fokus op die hier en nou: Wanneer mens baie angstig raak help dit om op die oomblik te probeer fokus. Angs word gedryf deur vrees of bekommernisse oor iets wat in die toekoms moontlik kan gebeur. Scan deur jou lyf terwyl jou oë toe is: wat hoor jy, wat proe jy, wat ruik jy, wat voel jy. Hierdie oefening bring jou vinnig terug na die hede en help om jou gedagtes af te lei vir ʼn paar minute.
  3. Vat ‘n breuk van tegnologie: Al is dit net vir ʼn uur. Skakel heeltemal af van ons moderne wêreld en gaan terug na jou roots toe. Skakel jou foon af, skakel die TV af en skakel sommer die ligte ook af. Brand ‘n paar kersies, luister na rustige musiek (daar kom die tegnologie so bietjie weer in), of spandeer selfs net ‘n paar minute in stilte. Stiltes maak ons gewoonlik baie ongemaklik, want dit bring klomp emosies, maar dit kan ons ook help om net weer kontak te maak met onsself.

Probeer sommer nr. 1, 2 en 3 op een slag doen. Onthou wel dat ons nie net oornag kalmte kry nie en dat dit deel moet raak van ons daaglikse roetine en leefstyl.

Hoe kalmeer jy wanneer die lewe soms net te besig raak? Los ‘n kommentaar of gebruik #blosshealthmatters en neem ‘n foto van jouself waar jy besig is om te ontspan.

Photo credit: Kaci Baum on Unsplash

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.