Jou Happy-place

Ons Omgewing speel  ‘n baie groter rol op ons gevoel as wat ons dink. Verskillende binnehuis temas, kleure en selfs beligting kan ons opgewonde, kalm of onrusstellend maak. Dit is baie belangrik om daagliks in n spasie te wees waar in jy gemaklik voel, omrede dit emosioneel baie gesond kan wees vir ons.

Alhoewel elke persoonlikheid verskil,is dit belangrik om natuurlikke elemente in jou spasie in te sit

. Dit bring n mens nader aan die wêreld se mooi eienskappe. Aardsekleure, sagte teksture en natuurlikke materiaal word voorgestel. Lewendige plante gee ook n kalmerende gevoel en bring suurstof in enige spasie. Goeie beligting en ventelasie is goed vir asemhaling en is automaties meer gerieflik as n donker, bedompige kamer. Dit is ideaal om son in te laat met groot vensters en deure om depressive te onderdruk. Gordyne van n donker kleur moet verkieslik oop gemaak word deur die dag.

Dit is ook belangrik om nie te veel clutter in jou huis te versamel nie. Dit laat n mens maklik omgekrap voel.. Jou eksterne omgewing bepaal beslis jou interne belewenis. Plaas objekte in jou huis wat jou gelukkig maak. Onthou jou spasie se ontwerp en dekor moet jou eie persoonlikheid reflekteer ,sodat dit jou as mens positief kan bëinvloed.  Dit help nie die charcoal muur is trendy maar maak jou onrustig nie. Speel met jou identiteit en maak dit jou happy place.

Seker DIE belangrikste eienskap van n mens se huis is hoe gereeld dit skoongemaak word. Niemand kan goed voel in n vuil spasie nie. Blomme en olies is ook n vrolikke manier om jou huis lekker te laat ruik. Kleur speel natuurlik n groot rol in verband met emosies en kan op baie verskillende maniere gebruik word om n spesifiekiegevoel te skep.

Lees gerus meer hiervan in die Oktober weergawe van Bloss Tydskrif. Beskikbaar op rakke landswyd.

 

 

 

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.