Jou gids tot bereikbare doelwitte

“A goal without a plan is just a wish”

Om te droom is lekker. Dit is nodig om te droom – dit help jou inspirasie en motivering vind. Ongelukkig is drome wel net die begin, en wanneer ons drome nie waar word nie, los dit ons dikwels moedeloos, teleurgesteld en sonder motivering.

Voordat jy opgee op daai droom van jou wat net nie waar wil word nie, probeer ‘n paar van hierdie voorstelle om jou droom te bereik deur SMART doelwitte

S = wees SPESIFIEK

Dit help nie jou doelwit is om eendag suksesvol te wees nie. Soos ons Luxury Brands editor Johan altyd se “it’s in the details”. Gee jou doelwitte bietjie meer detail. Wat beteken sukses? Wat behels dit? Hoe gaan ek my sukses meet – aan geld, aan werksure, aan lewens standaarde? ‘n Doelwit meer detail sal byvoorbeeld wees: “Ek mik om teen die einde van die jaar bevorder te word by die werk” of “Ek wil my eie besigheid begin vanaf Oktober 2017”. Dit is ook belangrik om na die “wanneer” aspek te kyk in terme van ‘n tydlyn. Daar is ‘n verskil tussen ‘n doelwit om ‘n CEO te wees op die ouderdom van 50 en om ‘n CEO te wees op die ouderdom van 35. Jou strategie gaan waarskynlik moet verskil met die twee.

M = MEETBAAR. 

Jou doelwitte moet meetbaar wees. Wanneer dit nie is nie, is dit moeilik vir ons om vas te stel of die doelwit bereik is of nie. So mis ‘n mens ook vordering wat jy wel al gemaak het. Jy het byvoorbeeld dalk al 50% van jou doelwit bereik, maar as jy dit nie kan meet nie, sal jy waarskynlik net raaksien dat jy nog nie is waar jy wil wees nie. Ek sukkel baie hiermee wanneer dit kom by gewig verloor en oefen. Ek sal dikwels besluit nou gaan ek begin oefen en gesond eet. Ek weeg myself dan elke tweede dag en raak net meer en meer frustreer dat ek nie resultate sien nie. Dit is belangrik om ‘n doelwit eerder te stel dat ek 3 keer ‘n week wil probeer oefen en graag 5 kg wil verloor. Dan kan ek sien hoeveel van die 5kg ek al verloor het en hoeveel nog oor is of om te sien ek het 1 keer geoefen die week (wat meer is as 0 keer geoefen).

A = ATTAINABLE

 Doelwitte moet bereikbaar wees. Hierdie is nogal ‘n catch 22, omdat dit ook waar is dat mens meeste goed kan bereik as jy jou fokus daarop sit. Daar is wel ‘n realiteit element wat ons moet in ag neem. Ons almal kan nie alles doen nie, en dit is ook ok. Dit beteken nie noodwendig jy moet opgee nie, maar wel besef as jy nie kan sing nie, dat jy nie Idols gaan wen nie.

R = RELEVANT & REWARDING

Om drome na te jaag wat ander vir jou droom is ‘n resep vir mislukking. Dit is belangrik dat dit vir jou relevant en rewarding moet wees. Daar is menigte stories van mense wie gedwing was deur ouers om te studeer wat hulle graag wou, maar nie op die ou end suksesvol of gelukkig was nie. Jou belangstelling is hier die belangrikste. Ek was nogal oraait met wiskunde op skool en is seker daarvan daar was ‘n paar mense wie graag sou wou hê ek moet ‘n ingenieur of iets wetenskaplik word, maar ek sou heeltemal aangejaag het waarskynlik en dalk vriendelik gevra gewees het om die professie te verlaat. Wiskunde is nie my belangstelling nie, mense is.

T = TYDSBEPERKING

Tyd is ons kosbaarste besitting. Dit is in ‘n oogwink verby. Dus moet ons dit wys probeer gebruik. Wanneer doelwitte nie ‘n tydsbeperking het nie is ons kanse vir mislukking dubbeld so groot (dalk selfs x10 groter). Beplan wanneer jy wat wil doen en voor werk. Daar is soveel mense wat op 50 jarige ouderdom terug kyk en voel hulle kon soveel meer doen. Die drome was daar, maar nie die planne nie.

Doelwitte is nie net vir werk of sukses nie. Doelwitte is daar in elke aspek van ons lewens. Wat is jou #couplegoals #marriagegoals  #squadgoals #fitnessgoals #healthgoals #friendshipgoals ?

 

Photo by Meg Kannan on Unsplash

 

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.