Jong musikant verras met bundel wat hartsnare roer!

Jong musikant verras met bundel wat hartsnare roer

Volgens Persverklaring:

 

Die jong Johannesburgse musikant, Almero Welgemoed, het onlangs sy aanhangers verras met ‘n kortverhaal- en digbundel wat roerende temas bevat. Hy skryf oor onderwerpe waaroor mense moeilik in die openbaar praat, maar wat tog soms baie gesinne agter toe deure raak, soos onder andere huishoudelike geweld. “Ek het gevoel dis belangrik om te skryf oor die lelike dinge in die lewe en ek hoop mense sal besef hulle is nie alleen nie,” sê hy.

Die bundel, Donderweer Gedagtes, bestaan uit ‘n reeks briewe (gerig aan onder andere God en ook aan homself), gedigte, aanhalings uit gesprekke wat ‘n bepaalde indruk op hom gemaak het en ook kortverhale, wat alles saam ‘n geheelbeeld vorm. Die karakters in die boek worstel met verskeie vrae en innerlike konflik. Elke karakter hanteer dit op ‘n unieke manier, wat dan natuurlik weer ‘n invloed op ander karakters het en sodoende ‘n (somtyds onbewustelike) rimpel-effek veroorsaak.

Kwessies soos depressie, selfskending, selfmoord, sosiale aanvaarding en geloof word aangespreek in die boek. Welgemoed sê hy hoop om veral tieners en studente wat soms in die geheim met hierdie probleme sukkel, te bemoedig en aan te moedig om hulp te kry.

Welgemoed was ook die mede-samesteller van die populêre digbundel Liefde Wen saam met kunstenaar Bouwer Bosch. Donderweer Gedagtes word uitgegee deur Naledi en is beskikbaar by www.naledi.online

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.