Jak de Priester sing oor Drakensberge Liefde

Jak de Priester sing oor Drakensberge Liefde

Starburst deel graag met ons BLOSS Span;

#BLOSSEntertainment

 

Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.

Sy derde enkelsnit, DRAKENSBERGE LIEFDE, vanaf sy album 15 JAAR, word nou uitgereik en Jak vertel ‘n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:

Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge.  Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ‘n laatlammetjie ryker geword!  Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge.  Maar om terug te dink aan daardie wonderlike “road trip” is vir my besonders lekker.  Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat.  Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af

15 JAAR is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaan uit sewentien oorspronklike snitte, uit sy eie pen, wat sorgvuldig uitgesoek is om die sukses van sy loopbaan in ‘n neutedop vas te vang.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/jakdepriester/

Twitter: @JakDePriester

Instagram: @jakdepriester

Webblad: www.jakdepriester.co.za

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.