Is jy ’n bok vir sports?

Party mense hardloop omdat hulle dit geniet, ander hardloop slegs as ’n hond julle jaag… nietemin al is jy ’n leerder, ’n probeerder of ’n…los-eerder…(vir nou) ek is hier om jou te help.

Jy wonder seker wie ek is? Wel, bly te kenne… ek is Amorie Pearson. Ek het self al die verhoog aangedurf en ’n transformasie uitdaging aangepak. Ek het ’n passie vir fitness en ek’t gevind dat as jy goed lyk, kan jy nie help om met ’n ekstra huppel in jou stap die wereld vierkantig in die oë te kyk nie… maar die transformasie begin binne jou met ‘n keuse.

Dit is soms moeilik om inspirasie te vind wanneer jy omkeerpunt bereik, jy weet dit is tyd vir ’n verandering, dit is tyd vir ’n nuwe jy. Maar waar begin jy? Wel, deur die eerste stap te vat. Dit is ’n proses, vat dit dag vir dag, en hou maand vir maand ons dop.

Spesiaal net vir jou kies ons elke maand ’n held in hulle veld wat hulle storie vir ons vertel. Gunsteling produkte wat jou sal help om jou doel vinniger te bereik op die gesondste manier moontlik. ’n Paar wenke…en wie sê sport en mode kan nie meng nie? Soos ek gesê het, jy gaan ’n ekstra huppel in jou stappie hê. Ons wys vir jou die nuutste sportsdrag en toebehore. Selfs hoe om oefeninge reg en effektief te doen.

Laaste, maar definitief nie die minste nie, ons eerste kompetisie is ’n transformasie uitdaging. Daar is groot pryse op die spel, dit is die beste inspirasie om die pad na die nuwe jy te begin… ek sien uit om jou saam my op hierdie avontuur te vat!

Featured photo by Tommy Lisbin on Unsplash.

Amorie Pearson
Amorie Pearson

Editor: Sport

Amorie Pearson is an entrepreneur in her own right and is the owner of Amorie Arts, a photography platform. She is comfortable in front and behind the camera and is both a professional photographer and a model. Her active lifestyle makes her the perfect brand ambassador for Trifocus Fitness Academy and Mirror Mirror Studio.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.