Is jy die nuwe potplant in die kantoor?

Jou eerste dag in die kantoor vlieg soos ‘n warrelwind verby, eintlik jou hele eerste week. Soveel nuwe gesigte en name om te leer en almal staar jou aan asof jy die nuuste potplant in die kantoor is. Afgesonder sit jy in jou area en niemand weet juis wat om met jou te doen nie. Gou leer jy die twee tipes mense ken. Daar is dié wat jou uitlos en kans gee vir selfsorg, maar natuurlik is daar ook die nurturers. Dié is die mense wat vir jou gaan water gee, die son in jou rigting gaan laat skyn en fyn jou groei proses gaan monitor en dryf.

Die beste raad wat ek in die laaste ruk ontvang het om die skuif in ‘n nuwe lewensfase in te vergemaklik, is om ‘n mentor te identifiseer.‘n Mentor help jou nie net aanpas in ‘n nuwe werksomgewing nie, maar is daar om jou te help deur elke nuwe uitdaging wat die grootmenswêreld en die lewe in die geheel na jou kant toe gooi. Jou mentor kan iemand in jou werksomgewing wees en selfs iemand in ‘n baie hoër posisie as jy wees. Soms werk dit ook beter om iemand in ‘n hele ander industrie te identifiseer, hulle kan objektief hul opinie gee sonder dat hulle self by die situasie betrokke hoef te raak. Dit hang totaal af van wat jy deur die mentorskap wil bereik. Soek jy iemand by wie jy kan leer omdat jy jouself tot op daardie person se vlak wil groei, of soek jy net ’n sterk persoonlikheid wat jou kan terug draai op die regte pad as jy in onkunde afdwaal?

Kies net slim, jou mentor moet altyd eerlik en objektief wees en natuurlik bo alles die beste vir jou toekoms toewens. Soms gaan hy of sy hard op jou moet wees om te verseker jy bereik al daardie mylpale waaroor jy al lank dagdroom. Kies dus iemand na wie jy weet jy gaan luister. Jou beste vriendin of ‘n familielid sal altyd vir jou opstaan selfs al is jy verkeerd. Jy soek juis nie iemand wat altyd in jou hoekie gaan wees nie, jy soek iemand wat jou totaal buite jou boks gaan gooi. Dit is dan wanneer jy begin groei.

Almal van ons het al êrens die sê-ding gehoor, “blom waar jy geplant is”, en dis nonsens as jy my vra! Ek leef eerder by die motto, “If you don’t like where you are at, move, you are not a tree.”

Jy moet jouself nooit in jou omstandigehede laat vasvang nie. Jy het die mag om jouself rond te skuif in die lewe tot jy in die regte stoel is, in die regte kantoor sit en ook na elke werksdag voel, “Sjoe hier maak ek ‘n verskil.”

Photo by Lucy Gregory on StockSnap 

Zhan-Mishal Viviers
Zhan-Mishal Viviers

Editorial Assistant

Zhan-Mishal Viviers is currently completing her final year of Publishing Studies at the University of Pretoria, and already has her Honors degree in sight. She is young, yet headstrong and ambitious and ready to grab the media industry with both hands.

1 Comment
  1. SO THE SAYING GOES: A DOG IS NEVER TOO OLD TO LEARN NEW TRICKS”! same goes for us….knowledge can never be taken away. Yeah for you learn and grow daily like a boss!

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.