Is jou masker al reg?

Een van my eerste groot events wat ek gereël het was die Arthur Kaplan klassieke musiek gala – konsert. Die jaar is ek weer bevoorreg en baie trots om die konsert te reël en aanmekaar te sit. Die konsert het baie vining ’n jaarlikse instelling geword op baie mense se sosiale kalenders. Die jaar is geen uitsondering nie en die groot aand is om die draai, op 6 September om presies te wees.

Jy wonder seker wat behels hierdie konsert? Arthur Kaplan bied elke jaar die konsert aan om dankie te sê aan hul kliënte en om terug te gee aan die kunste en in die geval, klassieke musiek.

Elke jaar se konsert is anders en uniek en niemand weet wat gaan gebeur of wat om te verwag nie, so ek kan ongelukkig nie te veel uit die mou laat nie. Wat ek wel kan weg gee is dat gaste weer bekoor gaan word deur Charl du Plessis ’n internasionale konsert pianis en Steinway Artist en Lezanti van Sittert ’n extraordinaire pianis. Daar wag ’n hele paar ander verrassings hierdie jaar wat gaste glad nie gaan verwag nie.

Die jaar se tema, Moonlight Masquerade, is baie opwindend en gaan ’n tikkie misterie aan die aand verleen. 400 spesiaal genooide gaste gaan beslis dress to impress met hul uitrustings en maskers om by die tema in te pas.

Gaste gaan verwelkom word in luukse styl op ’n rooi tapyt met verwelkomingsdrankies en kos wat amper te mooi gaan lyk om te eet. Stylvolle dekor wat by die tema pas gaan verder bygedra tot ’n onvergeetlike, asemrowende aand.

So, skud jou vere reg en sit jou masker aan, die groot aand is amper hier!

It’s in the details!

Tot volgende keer – Bloss groete, Johan

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.