Daar is nog hoop!

President Snow het in Hunger Games gesê: “Hope is the only thing stronger than fear”. Hierdie woorde het my al baie laat dink en ek het besef solank ons hoop het, is ons nog OK. As jy jou hoop verloor, verloor jy die stryd. Enige stryd.

Ek was verlede week by Lianie May se verjaarsdagpartytjie en het lanklaas so tuis gevoel soos daardie aand. Nie omdat ek van die mense al lank ken nie, maar oor die “realness” om my. Karlien borrel en lyk beautiful met haar magie. Liani lag, druk en kuier met almal. Jenny hardloop op en af om die kamera-span uit te sorteer. Wian en Jaco sorg vir groot, vet pizzas en verder geniet ek en Julien die witwyn. Robbie Wessels sing, wie ek lanklaas gehoor het, en daarna klim Jo Black op die stage. Dit was die eerste keer wat ek hom hoor sing en iets binne my het gestir. Eweskielik het dit gevoel asof ek in die middel van die Klein Karoo sit en besef “real is the new black”. Hierdie is almal mense soos ek en jy.

Ek het in Heilbron groot geword, ‘n klein dorpie in die Vrystaat. Is een van vyf kinders, love ‘n plaas en mis die reuk van ‘n stofpad na ‘n donderstorm. Dis hier waar ons touchies gespeel en rollerblades gery het. Vandag sit ek nogsteeds met littekens op my knieë en het steeds kontak met van my “skoolmaatjies”. Ek lag sommer nou; ek besef Liani en Robbie is ook van die Vrystaat en nog beter; Robbie is ook een van 5 kinders.

Ek glo met my hele hart wie jy vandag is, het baie te doen met waar jy vandaan kom en is trots op elke stukkie Vrystaat binne my. Vandag bly ek in Pretoria, het twee besighede op nasionale vlak en ‘n charity in die Bou industrie. Tenspyte hiervan, die pad wat ek moes stap en die sukses wat ek al behaal het, moet ek weet wie ek is en waar ek vandaan kom. Dit hou my gegrond met my voete plat op die aarde. Dit gee my ‘n realness waarop ek trots is en vir geen geld in die wêreld sal verruil nie. Dit gesê, is dit net so belangrik om te weet waarheen jy oppad is. Wat jou visie en fokus is. Jou doel en uitkoms. Jou purpose. Jy kan al die tools hê om jou drome te bewaarheid, maar as jy nie hoop het nie, verloor jy die stryd. Hoop is die enigeste ding sterker as vrees en vrees is die enigste ding wat in ons pad staan na sukses.

Dis die hoop binne my wat maak dat ek steeds opstaan en elke dag aangaan. Dat my kinders kan leer en eendag Suid Afrika kan geniet. Die hoop dat vroue sal sien hoe kosbaar hulle is. Dat hulle sal opstaan en weer ‘n inspirasie is vir jonger vroue. Die hoop dat ons nie net ‘n ma sal wees vir ons eie kinders nie, maar sal saamstaan en ‘n ma wees vir Suid Afrika.

In die eerste uitgawe van BLOSS doen Francois Olivier, ons Sosiale Radakteur, ‘n artikel met Jo Black oor die man agter die baard. Hy het my opnuut ge-inspireer en kan nie wag dat elkeen van julle dit ook lees nie. In sy liedjie, Hoop, sing hy dat ons ons harte na mense toe moet terugdraai en wanneer jy struikel, sal jy weer opstaan. Hierdie woorde is real en het my voete onder my uitgeslaan.

Ons as mense is gemaak om op te staan. Gemaak om te oorleef. Kry nuwe hoop en staan op. Jy is nog nie dood nie en solank daar lewe is, haal asem. Fokus. Daar is hoop.

#cheers op ‘n hoopvolle toekoms met al sy realness.

xoxo

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.