In vervoering oor Comic Con Africa

Hierdie jaar het daar duisende mense in September na die Kyalami Grand Prix Circuit toe gestroom omdat die eerste Comic Con in Africa daar gehou was.

Wat ’n belewenis!

Daar was mense en uitstallers van regoor die wêreld.

Van bekende Comic-boek skrywers soos Sean Izaakse en Chris Sprouse tot internationale Cosplayers soos Philip Odango en selfs Kevin Sussman of te wel Stuart van The Big Bang Theory.

Dink virtual reality, gaming, comic books alles wat jou tech hart kan begeer!

Ons was bevoorreg genoeg om met een van die organiseersers, Patric te kon gesels:

Volgens hom het die idée al in 2015 begin om Comic Con na Suid Africa toe te bring, maar hulle het net gewag totdat die tyd reg was vir Suid-Afrika om dit te ontvang.

Hy sê ook dat hulle dit defnitief volgende jaar weer sal hou en beplan om van krag tot krag te gaan.

Die projek wat moontlik gemaak is deur onderandere vennootskappe met Reed Exhibitions Africa, ReedPOP en VS Gaming is defnitief een om nou al in jou dagboek neer te pen.

Moenie dit volgende jaar misloop nie!

Vinnige feit: Patric se Cosplay karakter is Batman. Wat is joune?

Ek kies Wonder Woman….nie net kan ek multi-task nie, maar ek wonder ook soms waar ek my sleutels gesit het;)

Photo by Jean-Philippe Delberghe on Unsplash
Carla Roets
Carla Roets

EDITOR: TECHNO

Carla Roets is currently busy with her final year of articles. Not only is she almost a chartered accountant, but she also likes to write and be creative. This gadget- girl is a go-getter with a passion for life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.