I am #Invisibobble

Lyk jou handsak of jy 17 dogters het met die hoeveelheid knippies en rekkies wat jy daar binne gevangene hou? Laat INVISIBOBBLE jou (hare) red.

Te danke aan INVISIBOBBLE het ek nou net een rekkie in my handsak (en hare) nodig – ok ek jok nou, want hulle kom in die mooiste kleure en ek MOET mos match met my outfits.

Credits: Invisibobble Instagram
ORIGINAL INVISIBOBBLE

Hulle word beskryf as “the knight in spiral armour” – enige vrou se droom sal ek sê. Hulle is waterdig met ’n gladde, amper plastiek voorkoms, wat dit dan ook meer higiënies maak vir elke dag. Dis ideaal vir mense wat lei aan allergië of neurodermatitis. Die outjies kom nou in verskillende soorte ook, soos die “Original”, wat hulle eerste baba was. Daarna het hulle die “Power” uitgebring, of soos ek hom gedoop het, die Power-Puff-Girl-Bobble. Dis vir dié van ons met dik hare, wat rekkies breek asof dit ’n super power is. As jy baie oefen en jou hare in ’n hoë ponytail of bolla vasmaak, is die “Power” vir jou. Dis sterk genoeg en beskadig glad nie jou hare nie. En beste van als, dit hou die spiral vorm en rek nie uit nie.

Credits: Invisibobble Instagram
INVISIBOBBLE POWER in true black.

Vroeër die jaar het hulle die INVISIBOBBLE SLIM uitgebring. Die SLIM is ideaal vir werk en speel, dis sag op die hare en dit maak ’n oulike accessory om jou arm. #safeonyourhaircuteonyourarm. Hulle nuutste baba op die mark is die NANO STYLING RINGS. Hierdie klein wonderwerkie kom in pakkies van drie en hulle vervang amper jou “bobby pins” as ek dit so kan stel. Die klein ringetjie is ’n styling tool en ’n helpende hand met romantiese vlegsels, top-knots en upstyles.

Credits: Invisibobble Instagram
INVISIBOBBLE SLIM in true black.

 

credits: Invisibobble Instagram
INVISIBOBBLE NANO STYLING RINGS in crystal clear.

INVISIBOBBLES is altyd op trend en beskikbaar in ’n wye reeks van kleure, reuke, en spesiaal vir kinders ook. INVISIBOBBLES is eintlik soos jelly beans – jy kan nooit net een hê nie…

HERE’S TO GOOD HAIR DAYS!

#ThatHairGirl

 

 

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.