Wat maak ontwerp volhoubaar?

Singita Lebombo Lodge, Kruger, South Africa. Agency HKLM. Art Director: Paul Henriques. Stylist: Georgina Pennington. Photographer: Mark Williams. 18/11/11

Eko-vriendelike ontwerp, behels die gesondheid van ons pragtige omgewing en hoe dit ons natuur so min as moontlik negatief kan beïnvloed. Die voordele daarvan sluit in: Lae onderhoudskostes, beter kwaliteit, energie doeltreffendheid en natuurlik lae blootstelling aan giftige materiale.
Hoe weet ons watter produkte en materiale groen is? Kom ons kyk na ʼn paar moontlike ontwerpkeuses wat dit vir jou kan makliker maak.
Kurk vloere is een van die nuutste tendense. Nie net lyk dit ongelooflik met ’n natuurlike voorkoms nie, maar dit is ook waterdig en het geen antimikrobiese eienskappe nie. Daarom ’n baie goeie begin tot jou volhoubare interieur ontwerp keuse vir vloere.
Bamboes is ideaal vir meubels en vloerplanke. Dit het ’n baie hoë groeikoers en word bo sy wortel afgesny en is daarom baie vriendelik aan sy omgewing.
Verwe wat geen metale of lood bevat nie, is ʼn aansienlike beter opsie as ander verfsoorte. Dulux SA voldoen definitief aan die vereistes. Dit is ook altyd meer prakties en minder nadelend om ʼn baksteen of sement muur net so eenvoudig en rou te los sonder enige afwerking.
Aardse pleister gemaak van klei, vesel en ander natuurlike bestanddele. Kan gebruik word as ’n alternatief tot sement-gepleisterde mure. Dit is 100% natuurlik en skep ’n warm tekstuur in jou huis.
Herwinde materiaal soos bv. plastiek en metaal word dikwels gebruik vir meubels en dekor produkte. Natuurlike materiaal soos klip, hout en gras kan gebruik word sonder enige kunsmatige middels.
LED ligte verminder algemene energie verbruik en is daarom die nommer een beligtings opsie vir jou huis. Groter en meer vensters word ook aanbeveel vir maksimum gebruik van son-beligting en natuurlike hitte. Minder ligte en verwarmers sal gebruik word en daardeur spaar ’n mens baie elektrisiteit.
Sanitêre ware wat minder water gebruik moet beslis oorweeg word. Produkte deur Hansgrohe val onder die LEED waterbesparings spesifikasies.
Laastens maar nie in die minste nie, “local” is nie net lekker nie, maar altyd die beste keuse. Plaaslike ontwerpe is meer volhoubaar, weens die feit dat dit minder afhanklik is van vêr-afstand vervoer.

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.