Hoe om ʼn skouer te wees om op te lê

Ons almal het op een of ander tyd in ons lewe ʼn skouer nodig om op te lê en partykeer is ons daai skouer vir mense na aan ons.

Alhoewel dit die natuurlike gang is wat die lewe gaan, en ons besef dat ons daar is om mekaar te ondersteun deur moeilike tye, kan dit baie moeilik wees om dit te doen. Dit is swaar om te sien hoe iemand vir wie jy lief is, seer het en dat jy nie noodwendig daardie seer kan wegvat nie. Om iemand met depressie (of enige emosionele probleme) te ondersteun kan veral moeilik wees, omdat dit juis nie noodwendig ʼn oplossing het nie. En ons soek altyd oplossings vir alles.

Hier is ‘n paar goed wat ek dink belangrik is om in gedagte te hou wanneer jy die skouer vir iemand na aan jou moet wees:

1.  Laat die persoon weet dat jy agter gekom het daar is ‘n verandering in sy/haar gedrag. 

Hierdie is nie veronderstel om ‘n belediging of aantuiging te wees nie, maar bloot ‘n observasie. Herhinner die persoon dat jy omgee vir hulle en bewus is en omgee wat met hom/haar gebeur.

2. Luister sonder om te oordeel. 

Die laaste ding wat jy vir iemand moet sê is “maar jy moet nie so te voel nie” of “jy het dan soveel om voor dankbaar te wees”. Ja, daar is altyd iemand wie erger af is. Daar is mense wat deur die 2de wêreld oorlog is en daar is mense wat op straat bly. Maar dit van nie my en jou seer weg nie, al is dit niks in vergelyking op die skaal van die lewe nie.

3. Laat die persoon toe om nie OK te wees nie. 

Dit is seker een van die moeilikste dinge in die lewe. Ons almal wil net hê die mense vir wie ons lief is moet goed voel en gelukkig wees. Dit is ongelukkig nie altyd die lewe nie, en soms het ons nodig om net te hoor dat dit ok is dat ons voel soos ons voel. Jy hoef nie nou ‘n masker op te sit en te maak of jy beter voel nie. Jy kan net WEES.

4. MOENIE die persoon vermei nie. 

Dit is moeilik vir meeste van ons om met negatiewe emosies te sit. Ons hou nie daarvan nie, want dit is ongemaklik en bring dikwels ons eie negatiewe emosies na die oppervlakte. So wat doen ons dan as iemand hartseer en depressief is? Ons bly eerder weg. Dit is die laaste ding wat iemand nodig het. Wys jy is daar, onvoorwaardelik, al is dit net deur in stilte saam met die persoon te sit.

5. PRAAT. 

Praat met die persoon. Ons is so bang om te praat, want ons is bang vir die antwoorde wat ons kan kry. Die probleem is, wanneer ons nie praat nie, maak ons dikwels verkeerde aannames. Ons neem aan dat die persoon iets nodig het (wat gewoonlik is wat ons sou nodig hê). Vra vir die persoon hoe jy hom/haar kan ondersteun en wat hulle van jou nodig het.

Laastens is dit belangrik om na jouself ook te kyk en altyd grense te hê. Dit beteken nie dat ons moet ophou om na onsself te kyk, om na ander te kyk nie.

Photo by Ethan Robertson on Unsplash

 

 

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.