Hoe my liefde vir reis my lewe geword het

Op 11 het ek my eerste stempel in my paspoort gekry. Om te sê dat die grootste liefdesverhaal toe ontwikkel het is `n understatement.

Die ervaring van nuwe plekke, nuwe reuke, nuwe smake en nuwe mense het my hart geroer en ‘n wanderlust geskep wat net oor die jare en met meer reise dieper en dieper geword het. Elke reis vernuwe, verdiep en herskep. Van Kontiki toere deur ou dorpies, tot `n vaart op ‘n groot passasiers skip en cocktails op die mooiste strande… I’ve done it all!

En nou neem ek `n nuwe reis. My grootste reis! Die reis as enkel mamma! Dit is by verre die moeilikste maar lekkerste werk wat ek al gedoen het. En ek sien uit na trippies saam my seuntjie. Ek wil vroeg reeds `n voorliefde vir mense en kaaskoek in straat kafeetjies by hom kweek.

My inner glow, die reinheid van my siel, vat vlam wanneer ek `n koppie decaf cappuccino by `n koffie winkeltjie in ‘n mooi plek drink en dagdroom oor plekke, kulture en geskiedenis. Dit laat my tick. Ek wil weet wie het voor my aan die tafel gesit. Waar kom hulle vandaan en wat is hulle storie. Wat laat hulle tick.

En soos enige girl het ek ‘n groot liefde vir mode. Klere, skoene, lipstiffie… My tas is vreeslik swaar. Enige handsome manne wat bereid is om te help dra?! Dit was ‘n droom om in al 4 Fashion Capitals te kon shop. En ek het omtrent geshop tot ek drop!

So ja, my bucket list is GROOT. En dit raak net voller hoe meer merkies ek aftick. Ek wil al my dae vul met vliegtuig kaartjies, glase Sauvignon Blanc, `n oormaat hashtags en foto blokkies op Instagram.

Ek was nog nie orals nie, maar dit is op my lys! Kom droom en reis saam met my.

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

Editor: Travel

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in Journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in Fashion at LISOF in 2013.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.