Hoe kry ek Unicorn Hare

Hoe kry ek Unicorn kleur hare?

 

 

‘n Groot trend wat laas jaar somer begin het, is nogsteeds hier- die Unicorn kleur haar trend. Noem dit Cotton Candy, Mermaid, of Pastel kleur hare, die girls rant en rave oor die trend, en dié somer is dit hier om te bly!

 

Een van my gunsteling Hollywood sterre was nog altyd Nicole Richie, sy was een van die eerstes wat braaf genoeg was om haar hare pastel pers te kleur.  Katy Perry en Kelly Osbourne is ook bekend vir hulle funky hare, en was nie skaam om die trend te probeer nie.

 

 

So, met die trend wat toe afskop, stroom Pretoria se meisies salonne toe. Pinterest het natuurlik enige haarkapper se vyand en beste vriendin oornag geword.  Laat ek verduidelik- so meisies oor die algemeen Pinterest mos alles, en natuurlik het ons almal prentjies van droom hare wat ons pin op ons “Hair Board”.  Ek is ‘n groot fan van Pinterest, but it’s killing my vibe as dit kom by die Unicorn of Mermaid kleur trend, want dis nie so maklik nie, alhoewel dit amazing lyk.

 

Ek gaan ‘n paar tips gee op my blog hoe om maklik die tipe kleur te kry, maar wat dit obviously nie permanent kan dra in die allerdaagse lewe nie.  Indien jy blonde is, het jy ‘n baie goeie kans om die trend te kan doen, sonder dat dit permanent is.  Daar is nou kleur conditioners wat blondes kan gebruik om die pastel kleure te kry, wat weer uitwas na 2-3 wasse, ek gebruik spesifiek Davines se Alchemic red conditioner, wat spesifiek daai perfekte marshmallow pink gee, in salonne kan jy ook n semi-permanente kleur of poeier laat doen indien jou hare reeds lig is, dit vat wel langer om uit te was. Vir die donker koppe is dit moeilik, want die kleur en conditioner kan slegs op ligte hare gesit word, ek stel gewoonlik dan ‘n paar pastle kleur extentions voor van Strands of love, om daai effek te gee, en die plus kant is dat jy dit kan in en uit haal soos jy wil.

 

 

Ek groet julle met die stukkie waarheid-“My mom always told me I can be anything I want to be when I grow up, so I became a Unicorn.”  Ons almal is uniek, en ons hare is n weerspieeling van ons persoonlikhede, leef dit uit, YOU ONLY LIVE ONCE!

 

#THATHAIRGIRL

 

 

 

 

 

 

 

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.