Hoë kontras vir baba

WAG!! Pink linne met wit strikkies, blom patrone en ‘n sagte geel  hasie op Abby se bed? Byt miskien nog net ‘n rukkie vas met Milan se Khaki groen muurverf, potblou gordyne en renoster stikkers die hele wêreld vol . Want wie sou kon raai? Hulle kan dit dan nog nie eers sien nie…

As gevolg van baba se visuele ontwikkeling tydens die eerste ses maande, maak dit eerder sin om by ‘n wit en swart kleurskema se bly, aangesien dit tog die kleure is wat hulle op die stadium wel kan sien. Volgens ondersoek reageer nuwe babas outomaties beter op hoë kontras kleure, die invloed van lig en donker sowel as prominente vorms en duidelike lyne.  Daarom is dit ideaal om ‘n nuwe lewetjie se kamer te ontwerp met geometriese patrone gekombineer met ‘n monochromatiese kleur konsep wat hulle sal stimuleer en beter sal sien.

Omrede hulle ogies nog nie baie mooi kan sien nie, gee dit hul die geleentheid om te eksperimenteer met verskillende patrone, sterk wit en swart kontras wat hulle visueel interesseer en natuurlik ook tekstuur wat ander sintuie ook dan stimuleer. Die eienskappe van ontwerp help met die ontwikkeling van baba se konsentrasie en vaardighede wat hulle leer om te fokus. Pastel en selfs helder kleure, vir iemand wat nog nie goed kleur kan sien nie, vorm ‘n eenvormige visuele vlak wat dit moeilik maak om diepte te onderskei. Dit kan jou kleinding oorstimuleer en onrustig laat voel.

Hoë kontras kleure is kalmerend en gee hulle brein die kans om te rus terwyl hulle die omgewing inneem. Maar mammas moet nie bekommer nie! Sodra  baba verby die

bunny and clyde.

eerste ses maande is begin hulle kleur te sien en verstaan, en daarom belangrik dat  sagte kleure en aanvanklik helder kleure bygevoeg kan word. Dit behels weer hulle eie sensoriese voordele en stimulasie. EK kan ook nie aan ‘n beter kleurlose tema dink vir die van julle wat die geslag as ‘n verassing wil hou nie. Dit is maklik om later net ‘n groen kaktus kussing in die kot by te sit, en whalaa… Dit was toe ‘n Milan!

Besoek gerus @nightowl op instagram, bunnyandclyde.co.za , monoshop.co.za en COTTON ON KIDS vir meer idees en produkte! 

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.