Hoe gaan mens organies met jou hare?

Het jy al ooit gedink aan die impak van jou maandelikse haarkleur afspraak by die salon of by die huis, en hoe dit die natuur benadeel? 

Ons almal weet of het al gehoor van ’n sulfaat-vry shampoo, sulfaat is die tipe sout wat in die produk is om dit te laat skuim, soos in ’n bubblebath. Hoe meer dit skuim, hoe meer sout is in die produk. Die sulfaat veroorsaak dat jou kleur vinniger uit was en kan blonde hare laat geel vertoon na ’n ruk, dit was ook die Brazilian Blowdry uit jou hare uit. Dus is dit nie net sleg vir jou hare nie, maar ook vir die natuur, daarom verkies ek “cruelty-free” produkte, soos Inoar.  Hulle produkte is sulfaat-vry, dis veilig vir jou kleur en Brazilian Blowdry, en hulle toets nie hulle produkte op diere nie. Hulle het selfs ’n pers shampoo en conditioner vir blonde hare, om jou blond, BLOND te hou.

Die new-kid-on-the-block in salonne is ’n filter sisteem by die krane, wat die chloried en  ander harde metale uit ons water uit suiwer. Hierdie is amazing nuus vir haarkappers en kliente reg rondom die wêreld,  Nou kan ons al die metale uit jou hare uit spoel- wat beteken dat jou hare meer gaan blink, die kondisie van jou hare gaan so sag soos nog nooit tevore wees nie, en jou kleur gaan nie so vinnig uitwas nie. Dis natuurlik ook gepas op die “going green” aspek, want die filter sisteem  help dat ons minder water gebruik.  Die water wat by die drein afgaan verminder ons “carbon footprint” met meer as die helfte as salonne die tipe tegnologie begin gebruik.

Dis moeilik as jy uitvind jou gunsteling brand is nie sò “animal cruelty-free” soos hulle sê nie, maar as elkeen by hulself begin kan ons ’n verskil maak. In die Maart uitgawe van BLOSS skryf ek oor spesifieke brands wat wel “cruelty-free” is, soos KMS, Moroccan oil, Kevin Murphy en Davines. Lees die labels en kyk watter produkte jy op jou hare sit, if it’s not good for nature, I’m sure its not good enough for our bodies.

   To good hair days

#thathairgirl

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.