Hierdie Juffrou hou van braaivleis en ‘n lekker braaibroodjie

Zand Marx – Brand Ambassador Groblersdal

Daar is niks lekkerder as braaivleis met ‘n lekker braaibroodjie nie…..

Zandi Marx van die pragtige plaasdorpie Groblersdal is ‘n Graag R onderwyseres en besig met haar graad in grondslagfase onderwys by UNISA.

Die laaste 3 jaar van haar lewe was nie van die maklikste nie. Toe sy 22 was, het sy 11 bloedklonte op haar brein gekry wat amper haar lewe gekos het.

Zandi was vir 5 weke in die hospitaal waarvan sy ‘n week en ‘n half onder sedasie was. Na die 5 weke is sy ontslaan. Dit het begin beter gaan en die dokters was hoopvol.

Twee weke later het sy haar sig verloor.

Inderhaas is sy terug dokter toe, maar hy was nie bereid om haar te help nie. Met n gesukkel het sy by Unitas reg gekom. Zandi is dadelik opgeneem en gediagnoseer met hydrocephalus, wat beteken dat haar brein op gehou het om vloeistof te dreineer en dit het die blindheid veroorsaak.

Op die 23ste Desember is sy geopereer en het sy ‘n VP shunt gekry. Dit het haar lewe onherroeplik verander.

In Zandi se woorde…. Die Here moes my kom haal, maar dit was nie my tyd nie. Sedertdien het ek my lewe voluit begin leef. Ek probeer elke dag n verskil in die wereld te maak, en begin elke dag by die kinders in my klas”.

Zandi wil haar storie gebruik om ander mense in moeilike situasies te help en vir hulle te wys, dit is moontlik om deur enigiets, sterker aan die anderkant uit te kom.

you were given one life, it is your duty to live it as fully as possible.

Trudi Stander
Trudi Stander

Brand Ambassador Development Manager

Trudi Stander, the head of our BLOSS Brand ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.