Hierdie ding gaan groei!!

“You close your eyes to see your dreams, I stay awake to work on mine!”

 

Vir so baie kunstenaars voel dit dat daar meer moet wees!  Is dit al wat die lewe my bied? Nee! Die lewe bied ons elke dag nuwe keuses en nuwe paaie tot geluk.  Dit is nooit te laat om dit te word wat jy nog altyd wou word nie. Deur presies hierdie selfde vraag was die Songwriter Society gestig.  Is dit al wat daar is vir ons as kunstenaars?  Is dit ons voorland om net in kroë vir die res van ons dae te sing totdat die regte persoon jou hoor?  En so het The Songwriter Society begin om aande te reël wat kunstenaars hulself kan uitleef, met ‘n gehoor wat daar is, net vir hulle. 

Stel jou voor ‘n aand vol van sang, nuwe talent, kuns en nuwe liedjies, alles met hul eie geure en emosies wat daarmee gepaard gaan.  Dis soos ‘n oerwoud van nuwe en eindelose geleenthede wat wag om te gebeur.   Dit is presies die gevoel wat ‘n mens koester as jy weg stap by een van dié aande wat by die Lemon Jack Teater gehou word in Pretoria.

BLOSS was genooi om saam te kuier by die eerste tentoonstelling wat op die 29ste Julie gehou was.  Die aand was propvol pret, sang en lekker sop.  Die aand het sowat 20 singer-songwriters bevat, elkeen met hul eie instrumente en bands wat die hele aan ‘n lekker warm en oorspronklike gevoel gegee het. 

Nou kyk! Ek geniet graag enige goeie vertoning, maar The Songwriter Society het my voete onder my uitgeslaan.  BLOSS het dit baie geniet en die teater, met sy great klank en beligting was nét ‘n aanwins tot die aand se sukses!  Volgens ons is dié net die eerste aand van nog vele meer.

Die volgende Songwriter Society beloof om die 30ste September weer by die Lemon Jack Teater en Studio te wees, waar die volgende 20 liedjieskrywers en digters die verhoog gaan betree om hul nuwe werke ten toon te stel.

Het jy al ooit gewonder of daardie lied wat jy het, die wêreld kan verander? Is jy ‘n Liedjieskrywer of digter wat jouself daar buite wil kry? Raak deel van die beweging of selfs die volgende tentoonstelling.  Kontak vir Jolanda Becker kontak op 072 203 0095 of volg hulle op facebook deur die volgende link

The Songwriter Society‘.

Hou graag ons blog dop vir nuwe talent, alles wat oulik en lekker is in en om die vermaaklikheids bedryf of loer in terwyl ons sommer net lekker saam met jou gunsteling gesoute kunstenaars kuier.

Los graag vir ons ‘n comment en deel ons blog met al jou vriende! Ons sien uit om van jou te hoor!  Van my kant af…

Wees soet of neem fotos! 😀

Photos by Aurea Lux photography

 

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.