Heuwels en hul fantastiese klanke bestyg die berg by Taalmonument

Hi Julle!

So 2017 skop af met baie lekker entertainment! Hier is ‘n bietjie nuus van Heuwels Fantasties, volgens hulle mediavrystelling:

 

“Die immergewilde Die Heuwels Fantasties bestyg weereens die Paarlberg vanjaar vir nóg ’n witwarm piekniekkonsert by die Taalmonument, dié keer op Saterdag, 24 Maart, in die Tuinteater. Of jy nou ‘n geharde aanhanger is of nog nooit die plesier van hul lewendige klanke ervaar het nie, is hierdie geleentheid beslis nie te versmaai nie. Boonop is dit die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.

Die Heuwels Fantasties is ‘n alternatiewe pop-groep wat beskou word as die eerste suksesvolle elektroniese Afrikaanse groep. Dié baanbrekers van hul generasie beskryf hul musiek as “melodieuse liedjies geskryf op akoestiese kitaar met elektroniese en organiese instrumente geïnterpreteer. ‘n Mens noem dit seker pop.” Die Heuwels Fantasties het al vyf vollengte-albums opgeneem en opgetree by al die groot feeste in Suid-Afrika. Hulle het ook die verhoog gedeel met verskeie internasionale groepe, waaronder Kings of Leon, en getoer in lande soos Nederland, België en Engeland.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.

Kaartjies, wat gereeld uitverkoop word, is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie.”

Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonumentMeer oor Die Heuwels Fantasties by www.dieheuwels.co.za

 

#BLOSSEntertainment

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.