Help!! My nuwe troeteldier versteur my slaappatroon.

Die eerste paar aande saam met jou nuwe troeteldier kan ͑n baie groter uitdaging wees aswat jy jouself voor opgesaal het. Enige diere minnaar staar in verwondering na hulle nuwe baba hondjie met die gedagte: “hoe kan jy my ooit kwaad maak?” Hierdie gevoel verander natuurlik na die eerste aand in hulle nuwe beddens.

Ek het al vele kere die fout gemaak om te dink dat my nuwe hondjie die eerste aand sommer dwarsdeur gaan slaap. Ongelukkig werk die feeverhaal nie altyd so mooi uit vir jou en jou “beauty sleep” nie.

Dit is altyd moeilik vir ͑n nuwe troeteldier om aan te pas by ͑n nuwe omgewing. Ek het al ervaar dat die beste oplossing vir hierdie probleem is om twee honde saam te kry en groot te maak. Honde is pak diere en kan dus vinnig afgeskeep voel wanneer hulle vir te lank alleen gelaat word. Twee honde saam kan lekker speel en mekaar besig hou sonder om jou slaappatroon te versteur. Dit is ook belangrik om te probeer om jou nuwe troeteldiere se slaapplek nie teveel rond te skuif nie. Skep vir hulle ͑n gemaksone wat vir hulle bekend is en waar hulle veilig voel

 

Christelle Boshoff
Christelle Boshoff

Editor: Animals

Christelle Boshoff has a great love for animals and her favorite pastime is making memories with her friends and family. She believes in maintaining a healthy and balanced lifestyle that allows her to reach her full potential.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.