Help! My tiener is ’n couch potato

Vandag se kinders leef in ’n ander wêreld as die een waarin ons groot geword het. Met selfone en sosiale media lyk die natuur nie noodwendig vir hulle so aanloklik nie. Wanneer laas het jy werklik saam met jou kinders ’n avontuur aangepak of hulle van die bank afgekry?

Om die natuur te geniet en te waardeer, waarborg ’n skatkis onvergeetlike herinneringe en hou talle voordele in.

Die ideale blaaskans

Interaksie met die natuur gee die brein ʼn blaaskans van daaglikse oorstimulasie wat lei tot beter konsentrasie en fokus. Wanneer jou tiener tyd in die natuur spandeer, kry hy die geleentheid om die dag se gebeure te verwerk en ontslae te raak van oortollige energie.

Dit verbreed hulle horison

Laat jou tiener ’n stokperdjie doen wat buite die skool opset is sodat nuwe ervarings en mense hul lewe sal verryk en hul uitkyk op die wêreld sal verbreed. Dit is dus die ideale verrykingsgeleentheid vir jou kind en ook ’n geleentheid om te ontspan en hulself beter te leer ken.

Die beste leerskool

Die natuur is ’n baie hulpbronryke leer omgewing en maak skooltake sommer baie makliker as jou tiener werklik verstaan en sien wat gebeur. Kinders leer ook waardevolle vaardighede, van samewerking tot empatie en uithouvermoë.

’n Wonderlike ontdekkingsreis

Gaan saam op ’n avontuur en wees ’n bok vir sports. Ry saam fiets, pak ’n staptoer aan of gaan klim ’n berg. Maak ’n doen-lysie waaraan julle saam kan beplan en na uitsien. Beleef die avontuur en geniet mekaar se geselskap.

Leer leef in die oomblik

Die lewe van vandag is besig en raserig. Deur bewustelik te leef kan jou tiener ’n voller lewe hê. Bewustheid is so eenvoudig om belang te stel in dit wat in die hier en nou gebeur. Die natuur help jou om bewus te wees van jou liggaam, die sensasie wat jy ervaar en jou gedagtes en gemoedstoestand. ’n Kind wat met vrese grootword, is bang om nuwe dinge te probeer.

Oefening verlig depressie

Sit jy met ’n depressiewe tiener by die huis? Minimale oefening per dag verlig depressie en neerslagtigheid. As die donderwolke dreig, laat jou tiener iets pret en aktief doen. Met fisieke oefening word endorfiene (goedvoel-hormone) vrygestel wat help met beter buie en selfvertroue. Kinders wat baie tyd in die buitelug spandeer toon gevoelens van rustigheid en geluk.

Koebaai verveeldheid

Ledigheid is gewoonlik die resultaat van kinders wat nie weet hoe om hulself besig te hou nie. Een van die beste maniere om verveeldheid te oorkom is om die natuur te verken. ’n Gemotiveerde kind is een wat grootgemaak word om nuwe ervarings te soek en die kans gegee word om self te besluit wat hulle graag wil doen.

’n Hegter band

Om saam met jou tiener ’n avontuur aan te pak help om ’n hegter band tussen julle te vorm. Dit skep ook ’n gesonde omgewing om ’n voorbeeld te wees van hoe ’n mens uitdagings aanpak en oplos.

Help jou tiener om nuwe perspektief op die lewe te kry. Moedig jou tiener aan om die natuur te geniet en in die oomblik te leef.

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.