Groen vir die siel

‘n Besigheidsvrou van Midrand, werk tot tien ure skofte ‘n dag by die kantoorblok om die draai. Sy is vasgekeer in ‘n eenslaapkamer woonstel op die tweede vloer, met ‘n klein stoepie en ‘n uitsig oor die N4, baie eenders as by die werk.

Daar is amper geen tyd vir buite rondloop en die natuurskoon te geniet nie. Sy het ses weke laas die gras op haar voete gevoel, en dit net omrede sy by haar vriendin se huis op die plaas gaan kuier het. Nie net het sy in Dullstroom groot geword nie, maar vars in haar geheu bly die reuk van gras groen velde en bome. Nou is sy in die “concrete jungle” waar sy skaars ‘n plantjie kan pluk. Min weet sy daar is ‘n baie eenvoudige oplossing…. Daar is niks mooier as ‘n vertrek vol vars plante en blomme nie. Dit bring lewe, suurstof en natuurlik ‘n lekker reuk in enige spasie. Die perfekte manier om ‘n biekie van Dullstroom huis toe te bring!

Daar is ‘n verskeidenheid huisplante wat in potte geplant kan word en maklik aanpas in ‘n binnehuise omgewing. Plante kan egter in potte geplant word, hang van die dak af of selfs vertoon word in water. Varings werk fantasties as dit in ‘n hang potjie genaamd “macrame hangers” vertoon word. Hulle groei mooi klein blaartjies aan een stangel wat mooi oor die rante van die potjie drapeer.

macrame pots (hang plantjies)                                                                                           Vredeslelies se blare is groot en sterk, hulle groei maklik in ‘n spasie wat nie atyd sonlig kry nie. Vetplante is ideaal vir enige vertrek en het nie so gereeld water nodig soos ander plante nie, hulle hou baie lank en het min aandag nodig om te groei. Angeliere en bolplante pas maklik aan in ‘n huis en moet net elke tweede dag water kry. Hulle het alhoewel groter potte nodig, met ‘n biekie sonlig. Malvas en Violas moet verkieslik naby die venster gesit word vir meer sonlig.

Dit is ook natuurlik pragtig om vars blomme te koop en dit in ‘n blompot te vertoon. Dit kan weekliks vervang word en ‘n lekker manier om verskillende kleure in te bring. Waterplantjies lyk pragtig in ‘n vistenk en benodig geen versorging nie. Solank die alkali vlaskke in die water reg is, sal hulle oorleef. 

Klein potjies lyk gewoonlik baie mooi op jou boekrak, kantoortafel of self in die badkamer. Groter potplante vertoon die beste in sitkamer langs ‘n bank inplaas van ‘n kanttafel, of in ‘n oop spasie by jou ingangsportaal. Sommige potjies is geontwerp om teen die muur vas te maak, dit lyk oulik teen ‘n oop muur of selfs in jou gang tussen fotorame.

Daar is ‘n groot verskeidenheid potjie ontwerpe nou beskikbaar van “concrete casting” tot keramiek in verskillende kleure. Glas, hout en selfs brass. Die nuutste trend is natuurlik 3D printed wat lig is en in interessante vorms gemaak is. Besoek gerus @NIGHTOWL op instagram vir geometriese 3d printed potplantjies.

(3d printed pots: night owl decor)

Groenigheid bring energie, karakter en tekstuur in jou binnehuis ontwerp en is baie goed vir die siel om saam met lewende plante te bly.

photo credits: freshhome.com, pinterest, simplifiedbee.com, balconygardenweb.com, night owl (instagram).

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.