Groen van Luuksheid!

Het jy geweet dat groen die Pantone kleur van 2017 is en dat dit greenery genoem word? Greenery is ’n vars en zesty geel-groen kleurskakering en laat mens dink aan wanneer lente in die lug is en die natuur weer tot lewe kom.

Een van die mooiste dinge in die lewe en natuur is wanneer die eerste groen blaartjies hul opwagting maak aan ’n boom na ’n koue en vaal winter, of wanneer ’n nuwe grasspruit deur die grond druk. Dit gee mens weer ’n lus vir die lewe. Die lug wat ons in asem voel en ruik weer vars en skoon. Vra jouself, is groen, of te wel greenery, ’n kleur wat net met die natuur geassosieer moet word? Die antwoord op hierdie vraag is beslis nee!

Moenie groen los vir buite in die natuur nie. Bring dit binne in jou huis, maak dit deel van jou klerekas of kies dit as kleur vir jou motor. Maak groen deel van elke aspek van jou lewe.

Luukse handelsmerke is nie bang om groen te gebruik nie, so daar is geen rede waarom jy nie gewaagd met groen kan wees nie. Daar is vandag ’n groot verskeidenheid luukse items wat jy in groen kan aanskaf om nuwe lewe in jou alle daagse lewe te sit.

Gaan besoek vandag nog jou gunsteling luukse handelsmerk om jou stukkie luuksheid in groen te kry. Loer in by Rolex vir hul groen Submariner horlosie. Wals in by Mercedes Benz vir hul AMG GT S in groen. Gaan maak ‘n draai by Vera Wang vir ’n sexy groen nommertjie vir jou volgende cocktail partytjie, of gaan spandeer tyd by Graff Diamonds vir ’n ring of halssnoer in smaraggroen.

Groen is lewe – Groen is vars – Groen is verfrissend – Groen is gesondheid – Groen is lente – Groen is mode – Groen is stylvol – Groen is luuks – Groen is nie net groen nie – 2017 is Groen.

Gaan groot en gaan groen.

Groen groete, Johan.

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.