Glanssterre se opwindende sportsoorte. Wie sou kon raai?

Om ’n sport te beoefen beteken ’n go-getter houding, goeie humor, harde oefensessies en natuurlik… ’n mooi figuur.

Kom ons vind uit watter opwindende sportsoorte adrenalien deur bekendes se are laat bruis en hul in tip-top kondisie hou.

 
Foto’s – Intstagram @aliciavikanderdaily

Alicia Vikander

Die Sweedse aktrise, Alicia Vikander het vir haar rol as Lara Croft in Tomb Raider, Mixed Martial Arts (MMA) opleiding gekry wat onder andere boks, karate, jiu-jitsu, muay thai, tae kwon do en judo insluit. MMA is ’n effektiewe manier vir vroue om in top fisiese vorm te bly, asook om met gewigsverlies te help terwyl jy leer om jouself te beskerm.

 


Foto’s – Intstagram @camerondiaz

Cameron Diaz

Cameron is verslaaf aan sport en speel graag gholf. Die aktrise het al in 2012 op dié sport tydens die film, There’s something about Mary, verlief geraak. Om golf te speel verg krag, uithouvermoë en om fiks te wees is beslis ’n moet.

 


Foto’s – Intstagram @gighadid

Gigi Hadid

Gigi Hadid het grootgeword as ’n ruiter en vlugbal speler en het ’n liefde en waardering vir die natuur en buitelewe. Sy hou nie daarvan om in ’n gimnasium te oefen nie en geniet eerder kickboxing wat ideaal is vir haar mededingende persoonlikheid. Vir haar is daar geen beter oefensessie as kickboxing nie, omdat dit die perfekte balans van kardio- en weerstandsopleiding is.

 


Foto – Intstagram @margotrobbie

Margot Robbie

Die Australiaanse aktrise, Margot Robbie het ’n reputasie om vreesloos baie van haar eie stunts te doen en word beskryf as iemand wat avontuurlustig is en baie waagmoed het. Margot hou daarvan om by haar tuisdorp, Currumbin Valley in Queensland te surf waar sy grasieus die golwe aandurf. Surfing is ’n uiters kompeterende sportsoort en jy moet jou storie ken om bo te bly, maar as jy dit eers regkry, sal jy nooit wil ophou nie.

 


Foto – Intstagram @geena_davis_official

Geena Davis

Die Oscar-bekroonde aktrise, Geena Davis is ’n hoogs talentvolle boogskutter en het die sport op die ouderdom van 41 weer hervat. Trouens, volgens die Huffington Post, was Davis eens op ’n tyd die 13de beste boogskutter in die Verenigde State. Asof dit nie inspirerend genoeg is nie, het Davis vroue bemagtig om dié sportsoort te beoefen. Davis hou van boogskiet omdat dit haar leer om kalm en gefokus te bly. Jy moet beslis vertoue in jouself hê en selfgemotiveerd wees.

Daar is bewys dat ons beter voel wanneer ons ’n akiewe leefstyl handhaaf omdat ons liggaam meer endorfiene produseer wanneer ons aktief is.

So, waarvoor wag jy? Kry inspirasie by hierdie vreeslose glanssterre. Spring weg en daag jouself uit!

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.