Geraldine Scholtz

Geraldine Scholtz, die blonde, blouoog-talent is terug met ’n nuwe enkelsnit waaroor die land gaande gaan wees. Albei haar enkelsnitte Mis en Sommer, wat oor die afgelope jaar uitgereik is, het nommer een posisies behaal op radiostasies regoor die land.

Sy het die afgelope paar maande hard gewerk om haar passie uit te leef en nou is sy terug met iets opwindend. IEMAND, haar splinternuwe enkelsnit, is ’n popliedjie wat jou uitnooi om vanaf die eerste tot die laaste noot lekker saam te dans. Geraldine streef daarna om mense goed te laat voel wanneer hulle haar musiek luister, daarom is dit baie eerlik en deel sy haar hart en storie in elkeen van haar liedjies.

IEMAND is ’n liedjie, uit die pen van Johan Oberholzer, wat gaan oor die ontdekking van die perfekte een wat by jou pas. Daardie persoon saam met wie jy ‘normale’ goed kan doen, maar dit bring vir jou die wêreld se geluk. Die liedjie gaan daaroor om vir die een te wag saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer. Jou beste vriend. ’n Man met integriteit. “’n Man soos my pa. My eie storie uit ’n boek,” sing Geraldine.

Ek hoop IEMAND kan jou laat dans soos wat ek dans wanneer ek die liedjie hoor en ek hoop wanneer dit speel sit die enkelsnit ’n groot glimlag op jou gesig,” sê Geraldine

Met elke liedjie, insluitende IEMAND, is sy deel van die proses – van die skryf tot die opname. Geraldine gee haar idee van waaroor die liedjie moet gaan en hoe dit moet klink. “Dit is vir my belangrik om iets te sing wat in my hart is en waarvan ek ook sal hou. Die maak van IEMAND het ek ongelooflik baie geniet. Van die skryf van die liedjie tot die opname. Daardie dag in die studio het ek regtig my hart uit gesing.”

Robin Kielly, wat die liedjie vervaardig het, sê: “Om vir die tweede keer saam met Geraldine te werk aan die opname van ’n liedjie, was ’n wonderlike proses. Sy is doelgerig en het baie gegroei en verbeter sedert die vorige keer wat ons saam gewerk het. Verder het sy ook bewys dat sy baie veelsydig is en moeiteloos kan oorskakel van ballades na danstreffers. Geraldine, hou so aan! Ek wens jou alle voorspoed toe.”

Geraldine het ’n opwindende jaar agter die rug met onder andere ses vertonings by Innibos, ’n optrede by Weiveld, asookMis – haar tweede enkelsnit wat April uitgereik is – en nou is sy terug met iets nuut wat niemand ‘SOMMER’ wil ‘MIS’ nie.

Geraldine Scholtz wil graag IEMAND met haar werk inspireer en haar nuutste enkelsnit is beslis ’n bewys hiervan!

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/

Twitter: @geraldineS02

Instagram: @geraldine_scholtz

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop

Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/

Webblad: www.geraldinescholtz.com

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.