Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie.

Haar eerste enkelsnit, SOMMER, ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landswyd gepryk.   Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna 7 weke op die kykNET Top20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar!

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid.   Geraldine se musiek is baie eerlik en deel sy haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.   Haar splinternuwe enkelsnit, MIS, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik. 

 “Die liedjie gaan oor ’n mens se eerste liefde en die impak daarvan.  Dit gaan oor die eerste ontmoeting met liefde en hoe mooi dit kan wees.   Soms MIS ‘n mens die gevoel van jou eerste liefde, maar soms moet jy val voordat jy werklik kan vlieg.”, sê Geraldine.

Johan Oberholzer sê:  “Na die sukses van SOMMER, het ons almal besef dat ons besig is met ‘n kompeterende kunstenaar en dat die opvolg enkelsnit nog ‘n deel van haar veelsydigheid moet wys.  So is MIS gebore – ‘n sterk ballade oor verlies en eerste liefde wat altyd ‘n blywende impak maak”.

Die deurwinterde en geniale vervaardiger, Robin Kielly praat met lof van Geraldine.  “Dit was vir my heerlik om saam met Geraldine te werk.  Sy is ongelooflik toegewyd om haar beste te gee en het positief gebly ten spyte van al die uitdagende versoeke wat ek aan haar gerig het in die ateljee.  Sy is jonk, maar baie volwasse in haar houding en uitkyk op die lewe en dit is verfrissend!  Ek wens haar net die beste toe!”.

Geraldine is ook hierdie jaar by Innibos te sien met 6 vertonings wat jy SOMMER nie wil MIS nie!

Geraldine glo vas dat musiek ‘n kunswerk is, wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar liedjies en loopbaan wil bereik.   

Hierdie enkelsnit is een wat jy nie wil MIS nie!

 

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineScholtzMusic/

Twitter: @geraldineS02

Instagram: @geraldine_scholtz

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC72a2KCYNQxp6RMyFUU8o7Q

Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/

Webblad: www.geraldinescholtz.com

BESPREKINGS

Charlene

Sel: 082 436 2505

E-pos: fjes17@gmail.com

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.