Fiela se kind

 

Baie van julle het dalk al die boek gelees, of die fliek gesien. Wel, diegene wat die eg Suid-Afrikaanse verhaal nog nie teë gekom het nie, ek is, onder andere een van daardie groep mense! Ons as BLOSS was uitgenooi na die produksie by die Atterbury Teater.

Nee kyk! Fiela se Kind het my heel verras. Ek het nie regtig mooi geweet wat om te verwag nie, maar die produksie het my van alle kante af geslaan. Ek (asook die vrou agter my), was deur ‘n hele reeks van emosies in die kort tyd van die vertoning.

Ek dink die akteurs het hulle rolle so goed vertolk, soveel so dat ek op ‘n stadium gedink het dat ek alle mense mag vermy vir die res van my lewe.  Jy sien, ek is nie regtig een vir geweld of rasisme nie, maar toe die einde van die storie aanbreek, het ek gehuil van vreugde, asof ek vir Benjamin al my hele lewe lank ken.

Met fenominale kunstenaars soos Shaleen Surtie-Richards (wat nogsteeds haar oorspronklike rol van Fiela vertolk), Phillru van Achterbergh, Marissa Claasen, Johny Klein en Paul Lückhoff kan jy nie iets minder verwag nie!  Maar bygesê, dit was nie net die ouer gesoute akteurs of die produksie deur Lefra Bemarking wat my verbaas het nie!  Daar is twee jong akteurs wat jy graag jou oog op kan hou, die baie talentvolle Vian Singleton en Jaime du Toit.

Ons hier by BLOSS het Fiela se Kind regtig geniet en as jy nog nie dit gesien het nie, glo ek dat jy dit regtig sal geniet.  Daar is iets aan die storie wat jou met gerus in jou hart laat wegstap en weer laat glo dat donker wolke wel goud besit.

 

Foto’s deur Rina Gertzen (B-You Fotografie)

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.