#feestelikefiesta

Om ʼn mamma te wees van twee woelige seuntjies is nie ʼn grap nie, maar dis die lekkerste ding op aarde. Deur hulle het ek geleer om te lag, soms stupid te wees en ander tye weer ernstig. Wat boundries is en om onbenullighede te laat gaan. Doen wat jy sê, want daar is ogies wat met verwagting na jou kyk. Ek het geleer wat onvoorwaardelike liefde is en om jou eie ma soveel meer te waardeer. Dit klink al soos ʼn cliche om te sê die lewe is te kort om dit nie te geniet nie, maar dit is verseker waar.

Ons het nie ʼn goeie of slegte lewe gekry nie, ons het ʼn lewe gekry. Dit hang van jou af wat jy daarvan maak. Watter herrinneringe jy bou, die mense waarmee jy tyd spandeer en jouself omring. Kies hulle reg, want jy word soos die vyf mense waarmee jy die meeste tyd spandeer. As ʼn mens so daaraan begin dink, dan skrik jy soms.

Ek het op ʼn stadium gaan stilstaan en weer gedink aan alles wat die afgelope maand gebeur het. Daar is mense in Los Vegas, Black Monday geskiet wat oproerings dwarsoor ons land veroorsaak. Jaques Pauw het President’s Keeper gelaunch en statistieke in Suid-Afrika word vergelyk met ʼn oorlogsone. Waar gaan die lewe heen? En wat het geword van iemand in die reën soen? Of net ʼn goeie ou skinny-dip? Roomys eet en skateboard ry?!

Ek kies elke jaar ʼn tema vir myself en het besluit om 2018 my “kleurvolle” jaar te maak. Daar is genoeg grys oral waar jy kyk; dis tyd vir ʼn kaleidoskoop van kleur. Ek het vir my ʼn helder-pers orgideë by Woolies gaan koop, was die 4de November na die Pink Polo op Val de Vie in die Kaap en geniet my rooiwyn met ekstra genot. Ek het inteendeel Big Yellow Taxi van die Counting Crows gaan uitkrap, vir my kids elkeen ʼn seegroen swembroek gekoop en het besluit dis tyd vir inkleur en om weer te skilder (Christiaan Snyman, ek het jou hulp nodig!). Die lewe is ʼn lied, dis rooskleurig en vol opgewondenheid. Dis tyd dat ons kies om weer die mooi in elke dag en elke persoon te sien.

Saam met my kleurvolle 2018 het ek ook besluit om myself te challenge. Want wat is ʼn nuwe jaar nou sonder om uit jou comfort-zone te loop? Mens raak so gemaklik in jou situasie en die mense om jou. Ek wil hierdie jaar nuwe mense ontmoet, my gunsteling gin kies, begin toer en meer skryf. Ek wil BLOSS Media groei tot op die volgende vlak, ons interaktiewe APP launch en natuurlik ons susters tydskrif – BLOSS AFRICA . ʼn  Media platform wat ons uitrol deur Afrika.

Ons het reeds BLOSS Acadamy in plek begin sit waarvoor julle kan uitkyk en dan… een van my gunstelinge; BLOSS Travel. ʼn Reis klub vir girls. Want hier doen ons dinge anders. Uit die boks uit. Net soos Schalk Bezuidenhoudt pronk met kleurvolle truie, pronk BLOSS met ʼn  flambojante persoonlikheid wat alles basseer op “mooi” en “real” wat ons doen.

Ja, ek hardloop myself soms mal en moet hard werk om die balans tussen mamma-wees en besigheidsvrou te behou, maar ek kies om te lag en te lewe. Ek kies om die mooi raak te sien. Om te sing en ʼn sonsondergangs te waardeer. Ek kies om ʼn kruietuin te versorg en Paw Patrol te geniet. Ek kies om tyd te maak vir myself, kaalvoet te loop en die lewe te waardeer met sy lelik en mooi.

Geseënde Kersfees, liewe BLOSS vriendinne en happy NEW YEAR! Ek kan nie wag om 2018 in al sy glorie met julle te deel nie.

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.