Feestelik

Die wêreld kalender is propvol fantastiese feeste. Elk bied `n ongelooflike vakansie geleentheid aan jou die reisiger! Feeste het maar net `n manier om locals en toeriste saam te bring en `n unieke kulturele ervaring teen idiliese agtergronde te verskaf. Elke fees en omgewing is anders, maar Bloss het ‘n lysie bymekaar gestel om seker te maak jy pak die nodige vir elke feestelilke okkasie.

 

  • Paspoort, identiteits dokumente en bestuurs lisensie
    • Maak seker jou paspoort en nodige visas is reg voor jou internasionale reis, en onthou om jou id in te pak vir plaaslike reistogte. Jy sal ook moet aansoek doen vir jou internasionale bestuurslisensie sou jy oorsee `n motor wil huur.
  • Kaartjies
    • Jy het nie net jou fees ingangskaartjie nodig nie. Jy sal enige trein, vlieg of ferry kaartjies vooraf moet bespreek. Onthou duisende mense stroom land in om die fees by te woon en vervoer kan ‘n probleem raak indien jy dit tot die laaste nippertjie los. Sou jy ander aktiwiteite wil doen of op ekskursies gaan sal jy ook vooraf besprekings moet maak.
  • Kontant en Krediet Kaarte
    • Dis makliker om kontant te betaal vir drankies en etes gedurende feestye. Vra vir kleiner note of kleingeld om klein kopies te vermaklik. Maak ook seker jy het die regte geldeenhede sou jy na verskeie lande toer.
  • Padkaart
    • Beplan jou roetes deeglik voor die tyd sodat jy weet waar die treinstasies is, hoe vêr jy sal moet reis tussen jou hotel en die partytjies en wat die maklikste en veiligste vervoer tipes sal wees.
  • Sleutels
    • Feeste is bitter besig en die kans is groot dat jou sleutels tussen die partytjies en skare verlore kan raak. Hou jou kamersleutels veilig deur met jou hotel te reel om dit veilig by ontvangs te bewaar.
  • Sonbrille, ‘n Sonhoed en `n Sambreel
    • Afhangende van die weer maak seker jy is beskut teen die elemente!
  • Waterbottel
    • Feeste hou lang dae en baie stap in. Dit is belangrik dat jy genoeg vloeistowwe inneem. Hou jou drinkding warm of koud vir ure met ‘n metaal fles. Mens kry deesdae die mooiste flesse in `n verskeidenheid kleure en patrone.
  • Kamera
    • Neem elke prettige oomblik af! Ons wil sien! Onthou om jou kamera veilig te hou in `n kamera sakkie.

 

 

Tot Volgende Keer,

 

Bloss Voyage!

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

Editor: Travel

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in Journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in Fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.