Eerlikwaar…

Poedelnakend, ontbloot, sonder grimering en naelpolitoer. Daar is niks so beeldskoon as natuurlike skoonheid nie. Dit is eerlik, onskuldig, rein en vernaamlik onbeskaamd. Is dit nie net die beste inspirasie vir soveel meer as net ons menslikheid nie, maar ook vir die spasie waar in ons leef.

Suiwer binnehuis ontwerp wat gebruik maak van egte materiale sonder om bedek of weggesteek te word staan bekend as eerlike ontwerp. Blootgestelde baksteen mure sonder enige pleister en verf, rou hout dakbalke, konkrete screed vloere, onafgewerkte plywood so wel as egte marmer teëls is goeie voorbeelde van eerlike materiale wat dikwels gebruik word in ontwerp. Nie net is dit n eko – opsie nie maar kan perfek werk in verkeidenhede binnehuis ontwerp skemas. Induatriële styl ontwerp is huidiglik baie populêr en maak gebruik van verskeie onafgewerkte ontwerp-metodes, waarvan blootgestelde konkrete en staal gereeld gebruik word.


Eerlike ontwerp, bekend as “Honest Design” is ontwikkel deur William Morris tydens die “Arts and Crafts movement”. Dit beskryf basies dat ons materiale moet gebruik soos dit is, sonder om dit as iets anders te naboots. Bedek materiale met gepaste protokolle. As die protokol nie werklik bestaan nie, is dit oneerlik. ‘n Voorbeeld van oneerlike ontwerp sluit in gepleisterde mure met klip vorms opgegrafeer.

Dit lyk in elk geval kitsch en onsmaakvol…
Soliede hout meubels, skrynwerk wat onthul word, egte leer banke, staal werke, klip bedekking en sement mure is goeie voorbeelde van eerlike binnehuis ontwerp. Werklike materiale bind ons met die natuur, skep eindelose teksture en word beskryf as gesonde ontwerp. Probeer verf, nagebootste klip en valse tekstiele vermy as jy ‘n natuurlike en rein spasie wil skep. Daar is niks so goed soos eerlikeheid nie!

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.