#dwarsgestreep

Het jy al ooit iemand in jou lewe gehad wat vir jou gesê het: jy kan nie of jy is nie goed genoeg nie? Ek het. En raai wat, dis as gevolg van hulle, dat ek is waar ek is. Ek het verseker ’n rebelse streep in my, maar glo dat dit soms ’n goeie ding is. Daar het ’n paar mense gesê dat ek nie BLOSS moet begin nie, dat die pad te lank en swaar is of dat print besig is om dood te gaan. Ek het nie geluister nie en steeds my gut-feeling en passie gevolg. In plaas dat hulle opinies my negatief moes beinvloed, het ek dit eerder gebruik as stepping stones en inspirasie om ’n hele paar goed te verander en nog groter te gaan.

Want wat is drome as niemand droom nie? En hoekom moet jy iemand wees wat almal van jou verwag om te wees? Daar gaan altyd mense in jou lewe wees wat nie van jou hou nie, maar daar is soveel meer mense wat vir jou lief is. Onthou en weet dit, want sodra jy dit besef sal jou lewe soveel makliker wees. Moenie dat mense jou lable as verkeerd, ’n swart skaap of sleg as jy inteendeel net anders is nie. Om anders te wees, is OK. Dis jy en staan op vir wie jy is. Ek het baie hiermee gesukkel en het kliphard gewerk om oral net in te pas. Om soos die norm te wees en dinge soos almal anders te doen. Eers op die ouderdom van 25 jaar het my gloeilampie aangegaan na hierdie woorde: Why try to fit in, if you were born to stand out. Staan op, leer jouself ken en weet wie jy is. Daar is baie maniere hoe jy dit kan doen en soms moet mens deur seer gaan om sterker op te staan. Dis nie lekker nie, maar so word karakter gevorm en in dieselfde tyd leer ken jy jouself beter. Een van die maniere hoe ek dit elke jaar ook doen, is om ’n mindmap te teken oor myself, wie ek is, my drome en doelwitte. My tema vir daardie jaar en woorde hoe ek myself wil sien. Ek design en print dit dan op A3 vinyl wat ek in my aantrekkamer en kantoor opsit. As jy dit elke dag sien en positiewe woorde oor jouself uitspreek, wat dink jy gaan gebeur? Jou visie bly sterk, jy weet waarheen jy op pad is en jy groei onbewustelik in daardie woorde in. Almal maak foute, maar dis hoe jy jammer sê, daar uit leer en opstaan wat jou gaan definieer. Ek glo dit is tyd dat ons moet ophou judge, want wie is perfek? Help mekaar eerder.

Ek het drie maande terug vir Leanne D’lamini ontmoet by ’n funksie waar ons saam gepraat het. Van daar af noem sy my “sisi” en haar emails eindig met “Yours in sisterhood”. Dit was so lekker om iemand te ontmoet wat ook glo dat vroue kan saamwerk, maak nie saak wat ons ouderdom of kleur is nie, net omdat ons vroue is, is ons susters en moet ons mekaar ophelp en ondersteun. Sy het ’n charity begin met die naam, END GIRL HATE. Hoe inspirerend is dit nie? Ek glo met alles in my dat vroue eerder moet saamstaan as om ander af te breek. Hoekom wil jy energie mors op jaloesie en haat as daar soveel mooi goed in die lewe is, veral as ’n groep vroue magic saam kan create.

As jy weet wie jy is en waarheen jy op pad is, waarin jy glo en wat jou sterkpunte is, besef dat jy foute gaan maak en dat daar mense is wat nie van jou hou nie, gaan jy die Nuwe Jaar alreeds met soveel rustigheid aandurf. Gaan soek vir daai innerlike rebel of rabbedoe en loop met ’n huppel in jou stap terwyl jy hierdie song van Shakira nerie… I won’t give up, I won’t give in and when I reach the end, I will start again.

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.