Dis tyd vir sukses

Ons almal het net 24 uur in ’n dag en as jy nie jou dag beplan en jou tyd bestuur nie, kan dié 24 uur dalk nét te min wees.  Hoewel jy baie hard moet werk om suksesvol te wees, is die sleutel tot sukses ook dat jy slim te werk moet gaan.Hier is ’n paar wenke om jou tyd beter te bestuur:

  • Beplan jou dag. Besluit watter take en verantwoordelikhede die belangrikste is en maak ‘n lys daarvan. Jy sal dan maklik kan sien watter een die meeste tyd gaan verg, so doen dit eerste. As jy goed beplan sal jy meer produktief wees. Wanneer jy klaar die belangrikste prioriteite vir die dag geïdentifiseer het, kan jy bepaal wat jy dalk nog tussenin kan doen. Merk deur die dag op die lys af wat jy reeds gedoen het sodat jy kan sien hoe jy vorder.
  • Hou dagboek. Hoe meer jy in jou dagboek beplan, hoe meer goed kry jy deur die dag gedoen. Hou jou dagboek altyd in jou handsak of naby jou sodat jy alle nuwe planne en spertye kan aanteken – voor jy daarvan vergeet. Skryf ook jou doelwitte en kreatiewe idees neer sodat jy gereeld aan jou drome herinner kan word.
  • Maak tyd vir jouself. Om gefokus te bly kan baie moeilik raak as gevolg van die daaglikse gejaag. Neem tyd vir jouself om af te skakel en om jou gedagtes weer te organiseer. Raak ontslae van die druk en die spanning van jou studies of werk en geniet ’n lekker koppie koffie of gaan lê in die bad met ’n goeie boek. Dit is belangrik om produktief te wees, maar onthou jou welstand is die belangrikste.
  • Jy kan gebruik maak van ’n app soos Google Calender of sommer die kalender op jou slimfoon om al jou take en verantwoordelikhede aan te teken wat jou aan al jou afsprake kan herinner. Jy kan hierdie kalender deel met kollegas en ander relevante persone sodat hul op hoogte kan bly van jou skedule.

Foto krediet: Pixabay & Casio

Jaco-Mari Futcher
Jaco-Mari Futcher

Business assistant

Jaco-Mari Futcher is currently completing her Honors degree in Journalism at the North-West University Potchefstroom Campus. She has been active in the media industry for the last three years and has been the writer of her blog, Papierkind, for the past five years. When she gets a chance, she likes to pull her camera closer and capture the world as she experiences it.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.