Dis Desember en tyd vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees!

Desember is hier en dit is tyd om saam met jou gesin te ontspan. So hoekom reël jy nie sommer ’n gesinsuitstappie, wat ook ’n verskil kan maak in kinders se lewens wat nie gelukkig genoeg is om die feestyd saam met hulle geliefdes te vier nie?

Deur vanaf 1 tot 31 Desember die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES te ondersteun, sal jy nie net ’n skouspelagtige versameling Kersfeesliggies beleef nie, maar ook die mooiste musiek hoor én ’n belegging maak in die lewens van die 210 inwoners van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria vir 2019. 

“2018 se doelwit is om weereens ’n onvergeetlike feesseisoen-uitstappie vir publiek aan te bied. Ons het hulle ondersteuning nodig om te verseker dat ons vir ons kinders kan omgee, versorg en ontwikkel omdat hulle beter verdien,” sê Gary van Veenhuyzen van Jakaranda Kinderhuis se bemarkings- en fondsinsamelingspan. “Dié projek voorsien nie net aan die nodige fondse nie, maar stel die Kinderhuis bloot aan mense wat nie noodwendig van ons geweet het nie.”

Feesgangers by die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur musikante soos Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Sharoney en vele meer.

“Ek glo dat ons almal moet teruggee in die lewe. As ’n mens gesond is, is jy ryk. Ek help altyd waar ek kan en besef elke dag hoe bevoorreg ek is. Die publiek gaan mal wees oor dié vertoning, want dit word deur ’n span wêreldklas-tegnikuste behartig en ondersteun deur kunstenaars met groot harte,”sê Ampie oor die geleentheid om hierby betrokke te kan wees.

Buiten vir die musiek en liggies, sal daar verskeie kos- en kersmarkstalletjies tydens die fees beskikbaar wees, asook opwindende trein- en mallemeule ritte vir die kinders.

Die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES word met trots ondersteun deur Pretoria FM, Coastal Hire, DW Audio & Backline, Ehlers Prokureurs, Status Hiring, Waste Group, Unlimited Events Group en LaserX.

Die Kinderhuisgronde; in Talitha Kumistraat 1, East Lynne, Pretoria; kan daagliks vanaf 18h00 tot 22h00 besoek word. Op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open en kaartjies sal beskikbaar wees teen R30 per persoon.

Boek die volgende Konsertdatums:

1 Desember:       Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert

2 Desember:       Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx

7 Desember:       Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott

8 Desember:       Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco

9 Desember:       Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes

12 Desember:     Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss

14 Desember:     Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies plus ’n Laser X-vertoning!

15 Desember:     Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK plus ’n Laser X-vertoning!

21 Desember:     Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase

24 Desember:     Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp

Die kinders en personeel by Jakaranda Kinderhuis sien uit daarna om julle te ontvang en saam met jou te deel in die betowering van die feesgety. Moet dit nie mis nie!

RAAK BETROKKE!

Indien jy of jou besigheid ’n amptelike borg wil word of ’n skenking wil maak vir die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES, kontak gerus vir Gary van Veenhuyzen direk by marketing@jacarandachildren.co.za of skakel 073 844 9994 vir meer inligting. Jou bydrae sal baie waardeer word.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Liggiefees/

Instagram: @jakarandakinderhuis

Twitter: @liggiefees

Web: https://jacarandachildren.co.za/

MEER INLIGTING

E-pos: marketing@jacarandachildren.co.za

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.