Digitale detox in ‘n digitale era

Die daaglikse gejaag raak net erger en ons vergeet soms maklik dat baie dinge die geneigdheid het om weer te werk nadat dit unplugged was vir ‘n tydperk, insluitende die mens.

Ons leef in ‘n buitengewone tyd in die menslike geskiedenis. Ons is meer wêreldwyd verbind as ooit tevore – nuus teen die spoed van wit lig, eposse en nuusbriewe wat jou Inbox laat oorloop, slimfone en tablette wat voortdurend geluide maak soos die kennisgewings deurkom – maar die lewe in die digitale era is ver van ideaal.

Sosiale media is hiperaktief en kompeterend en studies beklemtoon herhaaldelik die skadelike uitwerking op ons geestesgesondheid. Ons word geprogrammeer om te glo dat ons meer dinge vinniger moet doen, wat lei dat ons daagliks jaag om ons take gedoen te kry sodat ons nog kan doen. Die probleem ontstaan egter wanneer ons ingee en spoed die oorhand kry, want dit is wanneer ons die vermoë verloor om in die oomblik te leef.

Ons almal ken die gevoel wanneer jou brein net nie wil afskakel nie. Of jy nou fliek kyk, gaan draf, lees of kook. Dit beinvloed dit waarmee ons besig is, ons verhoudings, en ons gesondheid want ons rus nooit werklik nie. En so begin die bose kringloop: min tot geen goeie kwaliteit rus lei na verhoogde stresvlakke, lei na meer stres, tot op die punt waar jy stres omdat jy nie rus kry nie.

So hoe voorkom ‘n mens of stop jy daardie bose kringloop voordat dit jou werk, jou  verhoudings en jou gesondheid (verder) beinvloed? Neem ‘n stap terug en begin met ‘n digitale detox. Jy kan ‘n dramatiese verandering maak soos al jou sosiale media apps en enige onnodige ander apps van jou foon te verwyder. Meeste van ons het genoeg toegang gedurende die dag om te kyk wat op sosiale media aangaan. ‘n Ander manier is om tyd voor die TV te verminder. Maak ook ‘n punt daarvan om vir en minste een uur elke dag jou foon heeltemal af te skakel wanneer jy tyd saam jou geliefdes spandeer. Jy sal binne enkele dae soos ‘n nuwe mens begin voel. Jy kan ook jou detox op ‘n minder dramatiese manier begin deur elke week iets te verander.

Die lewe is kort en die laaste tipe stres waarmee ons wil saamleef is skuldgevoelens dat ons nie genoeg kwaliteit tyd saam ons geliefdes spandeer het toe ons die geleentheid gehad het om dit te doen. Waarvoor wag jy…

Jaco Gerrits
Jaco Gerrits

Editor: Technology

Jaco Gerrits, one of South Africa's most innovative technology entrepreneurs, is a former Top Technology Entrepreneur Africa Award winner. He has further also been the winner of "The Venture" South Africa, where he represented the country in New York during a worldwide search for the best social entrepreneurs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.