Dieremaniere op Bloss

Een van die grootste uitdagings wat enige troeteldier eienaar teekom is om altyd seker te maak dat ons troeteldiere gelukkig en gesond is. Ek glo vas dat diere oorgelaat is aan die genade van mense. Daarom sien ek baie uit om die beste advies, feite en ervarings met almal te deel.

Hiermee stel ek myself aan julle voor, my naam is Christelle Boshoff, die nuwe diereredaktrise van die BLOSS tydskrif. Ek was nog altyd absoluut mal oor nuwe uitdagings en spandeer baie van my tyd saam met my familie en vriende en aan my beroep as rekenmeester. Alhoewel ek baie van my werk hou, het ek dit goed gedink om bietjie uit my gemaksone te tree en by die nuwe Bloss familie aan te sluit.

Ek is so opgewonde om saam met al ons “BLOSSers” meer te leer oor ons geliefde “furry-friends”.

Troeteldiere was nog my hele lewe lank deel van ons gesin. Ek is vir die afgelope drie jaar getroud met die grootste diereliefhebber wat ek al ooit teëgekom het.

Ons as getroude paartjie is die gelukkige eienaars van twee pragtige honde, Toffie en Luna. Daar is nie genoeg woorde om die geluk wat die twee troeteldiere vir ons bring te beskryf nie.

Photo by Dan Gold on Unsplash.

Christelle Boshoff
Christelle Boshoff

Editor: Animals

Christelle Boshoff has a great love for animals and her favorite pastime is making memories with her friends and family. She believes in maintaining a healthy and balanced lifestyle that allows her to reach her full potential.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.