Die Pienk Gallery

The Gallery kombineer styl en karakter; en bied `n unieke eet en besigtigings ervaring aan sy gaste. Foto: @sketchlondon
Ek scroll nou die dag af op my insta feed en dié foto kom te voorskyn. `n Pragtige, speelse, 18de-eeuse townhouse tee kamer wat in `n cocktail lounge omskep word wanneer die aand sterre hul verskyning maak. Ek is natuurlik dadelik verlief en moes verdere ondersoek doen om dit met ons #BLOSStribe te deel.

The Gallery maak deel van `n trippel droom-konsep van eienaar Mourad Mazouz om `n sentrum vir kos, kuns en musiek te skep oor twee vloere in `n ou Londense gebou in Conduit Straat, Mayfair. Die resultaat is Sketch, `n multi-disiplinêre restaurant-en-kuns gallery.

Britse kunstenaar David Shrigley se 239 humoristiese kunswerke pryk teen die mure van die restaurant. Foto @sketchlondon

Ontwerper India Mahdavi is gevra om die tee kamer te stileer, en haar monochromatiese, klassieke ontwerp word speels gekombineer met Britse kunstenaar David Shrigley se 239 humoristiese kunswerke teen die mure van die restaurant. Shrigley se grootste uitstalling nog.

Die tee kamer is `n mengsel tussen `n monochromatiese kleurskema en klassieke interieur keuses; en `n 1970’s gevoel word verkry deur ronde stoele in fluweel en koper afwerkings. Die spasie word saamgevat deur slim beligting en die interesante gekleurde teëlwerk in `n chevron-ontwerp.

The Gallery bring `n unieke manier van kuns besigtiging aan elke besoeker met Shrigley se sketse wat deurgevoer word in die tafels en eetgerei van die restaurant. Shrigley sien die tafel as `n verdere uitstallings spasie; `n platform om sy nuwe werk, sowel as die kos-kuns skeppings van Chef Pierre Gagnaire, ten toon te stel.

The Gallery bring `n unieke manier van kuns besigtiging aan elke besoeker met Shrigley se sketse wat deurgevoer word in die tafels en eetgerei van die restaurant. Foto: @sketchlondon

Die maaltyd word sowaar `n skulpturele werk wat Sketch se ligging voorlê en gaste nooi om hul reaksies te deel. Jy kan die keramiese eetgery op Sketch se webtuiste bestel. Die prettige interaktiewe webtuiste is `n ervaring insigself. Gaan loer gerus by http://sketch.london/.

Die prettige keramiese eetgery kan op Sketch se webtuiste bestel word. Foto: @sketchlondon

Ek is mal oor restaurante soos dié wat `n ervaring vir kos-liefhebbers bied en nie net disse voorsit nie. Vir ons BlossGirls in Londen – ons kyk uit vir jou kiekies op Sketch se InstaVission Wall! (Opwindend). Deel ook asb jou ervaring by die pienk paleis met ons in die comment seksie. Vir ons reisigers – skryf die restaurant op jou moet-sien lysie wanneer jy jou volgende trippie Londen toe beplan. Onthou om Kuns Slim (oftewel Art Smart) aan te trek vir jou ete!

Die interaktiewe webtuiste is `n ervaring op sy eie! Foto: @sketchlondon

Xxx

Tot volgende keer,

 

BLOSS VOYAGE

 

…the air warm, the scent sweet –
“I want a room,” thought he, ” to rest.” “Certainly my dear,” he was told, “you have a choice of eight.” “You lie,” said he… on counting he saw only six. “Ah yes, but eight rhymes with cake.” “Okay,” said he, “what shall I find?” “Well,” said the voice, “if you are very hungry and have coins in your pocket, ascend the stairs and you will find a dining hall of such magnificence, it will so take your breath away that your face will be a certain hue.” “Gosh,” thought he, checking his pockets and his complexion in a mirror, “what else do you have?” “There is a bar ranked with chairs of every discernable shape… one is bound to suit… and gentlemen behind the bar who will mix a beverage so fair to help sooth the most pained head.”
As the man savoured, and savoured some more, the voice again came to his head: “there is a gallery of projected art in a room so clean and rare while the sun is up, which at night, at 7, becomes a brasserie of light. Food of all kinds passes the table where you sit, to be picked and chosen for your heart’s desire. As the midnight hour approaches, tables and chairs are brushed away to allow movement and dance that comes when music infuses the room. Come, sir, another night in the same image you would not see.” As the man’s thoughts wandered in and out of his head, one trickled out of his ear, never to be thought again. “Do you like cakes?” “Well, yes I do.” “Well,” said the voice, “there is a fine tea room, too.” “What is this place?” “All I wish,” said the voice, “is that you arrive with an open mind and imagine, if you will, a painting that never dries.”
The Gallery

Moderne Europese Brasserie

Middag Tee: 11:30am – 4pm (Ma-Son)

Aand Ete: 6:30pm – 2am (Ma-Sat), 6:00pm – 12am (Son)

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

Editor: Travel

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in Journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in Fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.