Die Groen Reisiger

Pragtig, luuks en groen: Rhino Walking Safaris, Plains Kamp, binne Kruger Nasionale Park @ RWS.co.za

Reis is `n wonderlike manier om die aarde te verken – maar die effekte van reis is nie altyd so goed vir ons pragtige wêreld nie. In 2015 het vliegtuie 781 miljoen ton koolstofdioksied geproduseer om die 3.6 biljoen passasiers van plek tot plek te neem. Internasionale vlugte het 6.7% gestyg in 2016 en dit blyk weereens te groei in 2017. Kan jy indink hoeveel miljoen ton CO2 daar dié jaar die lug in vrygestel word? En dit is net lugvervoer. Om nog nie eens te praat van motors, busse, skepe of scooters nie!

Dan is daar die toenemende behoeftes aan verblyf, winkels, restaurante, geskenke en verpakking. Die groei in toerisme oor die jare het `n groot impak op die agteruitgang en misbruik van natuurlike hulpbronne en die omgewing. Die effekte daarvan kan veral gesien word op die ekosisteme van kleiner lande / eilande wat nie in staat is om soveel mense en hul behoeftes te akkomodeer nie. Op 15 Oktober 2016 is die idiliese Koh Tachai eiland in Thailand gesluit oor die geweldige skade wat die toerisme industrie veroorsaak het. Tot `n duisend baaiers het op tye op die strand van die eiland uitgespan, terwyl slegs 70 gemaklik akkomodeer kan word. Kos trokke, vermaak en bootjies wat die toeriste uitgevat het op die water het verdere skade aan strand en koraalriwwe verig en die besluit is gemaak om die eiland toe te maak voor die omgewing heeltemal verpletter is. En dié is net een geval van baie natuurlike omgewings wat skade lei sodat ons mooi plekke kan verken.

Menige maatskappye en besigheids eienaars die wêreld om het die behoefte aan reis en die hulpkreet van die aarde verhoor en eko-tegnologie en volhoubare verblyf begin implementeer. En Suid-Afrika is nie vêr agter nie. Ons land bied die verantwoordelike toeris `n verskeidenheid ‘groen’ akkomodasie wat enige sak sal pas. Hiér is ons gunsteling:

 

Teniqua Treetops

Gevind op die magiese Tuin Roete aan die voet van die antieke Outeniqua Bergreeks, nooi Teniqua Treetops sy gaste uit om `n luukse, eko-vriendelike, eksentriese boomhuis vakansie wegbreek te geniet. Omring deur skouspelagtige bergland en pragtige uitsigte, bied die oord jou die geleentheid om te slaap, eet en stort tussen woud en voëlgeluide. Gebou op handgemaakte platforms en geleë in uitgesoekte areas, bied elke tent huisie slaapplek, `n toegeruste kombuis, luukse badkamers en `n binne en buite dek.

 

Morubisi Bush Lodge

Omring deur `n rustige omgewing met `n oorvloed wild en voëllewe, bied die pragtige Morubisi Bush Lodge `n vinnige webreek kans van die besige stadslewe aangesien die oord slegs 10 minute se ry van Hartbeespoortdam is. Morubisi spog met twee rots-chalets, vyf hout-chalets, een boskothuis, ses bostente en een hout hut. Doendinge op die perseel sluit begeleide staptoere en voëlkyk in, terwyl die uil-rehabilitasiesentrum `n leerskool vir gaste bied. Die oord se fondse word aangewend tot uil beskerming, en jou verblyf hier help om `n tuiste aan honderde gerehabiliteerde uile te skep.

 

Rhino Walking Safaris

Rhino Walking Safaris en sy twee kampe, Plains Camp en Rhino Post Safari Lodge, is geleë binne `n private wildernis aan die noorde van Skukuza in die Kruger Nasionale Park. Die Plains Camp bederf met vier Afrika ontdekkingsreisiger-styl tente met hul huislike geriewe en die Afrika Wildernis op die voorstoep, terwyl die agt suites van die Rhino Post Safari Lodge spog met onvergeetlike uitsigte oor die Mutlumuvi rivierbed. Elke suite van die oord is gebou met natuurlike bronne wat steen, hout, grasdak en seil insluit, terwyl battery krag aangewend word vir beligting en afval herwin word. Gaste kan gebruik maak van die eksklusiewe staproetes en wildritte om die Groot Vyf en 16 verskillende ekosisteme te besigtig.

 

Pragtig, luuks en groen: hierdie oorde is bewys dat reis nie die omgewing hoef te benadeel nie.

Ontsnap, Ontspan, Ondersteun die inisiatief!

 

Pragtig, luuks en groen: Teniqua Treetops Oord kan gevind word op die magiese Tuin Roete aan die voet van die antieke Outeniqua Bergreeks. @ Safari Now
Pragtig, luuks en groen: Rhino Walking Safaris, Plains Kamp, binne Kruger Nasionale Park @ RWS.co.za
Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

Editor: Travel

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in Journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in Fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.