Die begin van ‘n mooi maak storie…

Wie is ek, ek is Gerlia, ‘n professionele Grimeer kunstenaar en Haar stilis, ek woon in Johannesburg saam met my beste vriend en ook nou my man. Ek is eintlik net nog ‘n mens, soos jy.  Nadat ek my Kommunikasie Graad by die NWU Potchefstroom kampus voltooi het, het ek Make Up Artistry gaan studeer by Face2Face in Centurion. Ek het reeds my eerste film geboek terwyl ek nog studeer het en van daar af aan hou werk en netwerk. In die laaste 6 jaar was ek gelukkig genoeg om 14 feature films (nasionaal asook internasionaal) as krediet onder my belt te kry.  Ek het ook onder meer op verskillende produksies gewerk wat gestrek het vanaf TV reekse, advertensies, corporate video’s, kort films en musiekvideo’s. Ek was nog altyd baie hardwerkend en het meer gegee as wat van my verwag word en dit het uiteindelik afbetaal toe ek bevorder was na die HOD van my departement. Ek is wel op niks meer trots as toe ek die geleentheid gekry het om deel van die Suid-Afrikaanse grimeerder span te kon wees wat op The Avengers, Age of Ultron van Marvel, Universal Studios se fliek gewerk het.

My liefde strek verder as net grimering, mense is ook my passie en na ek onlangs self getrou het wou ek my vaardighede uitbrei en ook spesialiseer en praktiseer in trou grimering, want as ‘n bruid wil jy die heel mooiste jy wees op jou groot dag. Ek geniet die vreugde en liefde wat heers by troues en dis vir my die lekkerste om te sien hoe bruide tevrede in die kerk gang afstap en ook na sprokies mooi foto’s kan terugkyk. Dit maak my hart gelukkig om te weet ek was deel van haar persoonlike ‘glam squad’.

Om deel te wees van die BLOSS span en die titel van skoonheid redakteur te dra maak my baie opgewonde, want ek weet dat ek ‘n groot invloed sal hê op jong meisies. Grimering word met tye so verkeerd gebruik en ek is op ‘n missie om die saak reg te stel. Volg my op Instagram by @gerliamakemeup en op Facebook by @Make Me Up en @gerliamakemeup en ek wys julle graag hoe grimering gebruik kan word om die mooi wat elkeen klaar het slegs meer te laat straal. Ek vra elke vrou vandag om grimering nie as ‘n masker waaragter jy wil weg kruip te sien nie, maar dit te waardeer vir  die ware kuns wat dit is. Dit is my passie en ek gaan dit elke dag uitleef.

Photo by Magdalena Ferreira Lama on Unsplash

 

Gerlia Groenewald
Gerlia Groenewald

Editor: Beauty

Gerlia Muller is a professional Makeup Artist and Hair Stylist from Johannesburg. She studied Makeup Artistry at Face2Face in Centurion and soon after booked her first feature film in 2010 and the rest, as they say, is history. In the past 5 years, she managed to secure 14 feature film credits under her belt as well as various other productions ranging from television series, commercials, corporate videos, short films and music videos. Her ‘yes-can’ attitude has led to her exploring other avenues within the industry including being capable of doing Continuity as well. A career highlight for her was being fortunate enough to work with the Avengers team from Marvel for a Universal Studio’s production film. In her spare time, Gerlia also offers her services to weddings and enjoys the wonderful process of helping a bride-to-be get ready for their big day.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.