Die avontuurvrou is dalk die ideale pasmaat vir jou

As jou ekwivalent van ’n romantiese kersligete ’n freeze-dried ete is wat op ’n butaan-stofie warm gemaak terwyl die sagte lig van ’n AAA battery latern in die aandlig skyn, is die avontuurvrou dalk die perfekte pasmaat vir jou.

Nie net sal sy jou passies saam met jou geniet nie, maar sy sal jou immers op jou tone hou en jou help om gereeld met nuwe oë na die wêreld te kyk. Vind uit of die avontuurvrou dalk jou sielsgenoot kan wees…

Prettige afsprake

’n Romantiese afspraak met die vrou wat van die buitelewe hou, hoef nie hope beplanning, tyd, moeite of selfs geld te verg nie. Prettige aktiwiteite wat vinnig en maklik is om te reël soos om in die natuur te gaan stap, fiets te ry, vis te vang of om op ’n staproete met mooi uitkykpunte te gaan, is goeie afspraak idees.

Sy is ongekompliseerd en sonder fieterjasies

Die avontuurvrou is doeltreffend, bevoeg en sonder tierlantyntjies. Sy is spontaan, uitgesproke en help waar sy kan. Sy sal nie ’n ewigheid neem om reg te maak nie en sal enige tyd haar snoesige vere dovet vir ’n slaapsak verruil.

Sy geniet ’n uitdaging

Valskermspring? Swem met dolfyne? Sy sal saam met jou daardie avontuur-aktiwiteite aandurf wat op jou emmerskoplysie is. Ons land spog met lekker weer en ’n magdom buitelug-aktiwiteite wat eindelose pret belowe.

Sy is plat op die aarde

Die avontuurvrou is nederig en vriendelik. Jou vriende sal van haar hou en haar positiewe energie is aansteeklik. Daar is mos darem uiteindelik lig aan die einde van die tonnel. Sy word ook nie sommer deur die selfbehepte kultuur van vandag se wêreld beïnvloed nie.

Sy is aktief

Buitelug-aktiwiteite soos staproetes en bergfietsroetes is strawwe oefening. Die avontuurvrou is gewoonlik lief vir sport en hou daarvan om aktief te bly. Sy is fiks en gesond en sal nie sommer terugstaan vir ’n uitdaging nie.

’n Avontuur saam met iemand wat jou passies deel is soveel meer vervullend. As jou leuse Carpe Diem (gryp die dag) is, sal die avontuurvrou beslis jou hart laat vinniger klop.

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.