Dié app kan jou lewe red…

Die CrashDetech app kan jou en jou gesin se lewens red. Moet nie hierdie vakansie die pad aandurf sonder hierdie app op jou foon. Foto krediet: CrashDetech

Desember vakansie is hier en dit is daardie tyd wanneer die karre gepak word en die stad geruil word vir die strand en see. Maar binne sekondes kan jou vakansie in ‘n nagmerrie verander en jou wêreld, soos wat jy dit ken, kan op sy kop gedraai word. Ja dis reg… motorongelukke is volop gedurende hierdie tyd.

Die nuutste padveiligheidstatistiek plaas kollig op die feit dat Suid-Afrika een van die gevaarlikste lande is om in te bestuur, met ongeveer 47 padsterftes per dag.  Ons dink altyd dat dit nie met ons kan gebeur nie. Dalk met ‘n buurman of ‘n kollega, maar ons vergeet dat ons iemand anders se buurman of kollega is.

So wat maak hierdie app so uniek en spesiaal en waarom is dit ‘n moet-hê-item vir ieder en elk? Loer gerus hier:

 

 

Nie slegs kan dié app optel wanneer jy in ‘n motor ongeluk is en die nodige mediese hulp na die toneel ontbied. 12% van padsterftes kan voorkom word as die mediese personeel op die toneel die korrekte mediese geskiedenis van die pasiënt tot hul beskikking het. CrashDetech bied jou die geleentheid om ‘n mediese profiel op te stel met kern inligting sodat jy die korrekte nodige behandeling kan ontvang indien jy in ‘n motorongeluk is.

Die app hoef nie oop en toe gemaak te word, of geaktiveer te word wanneer jy in die motor klim. Jy laai dit af, teken op, stel jou profiel met nodige mediese inligting op en vergeet van die app.

Wat baie lekker is, is die feit dat die app ook vir jou rekord hou van al jou ritte. Daar is tans ‘n addisionele funksie wat besig is om uitgerol te word, waar jy maklik rekord kan hou van al jou kilometers indien dit nodig is vir eise ens.

Hierdie app kan jou en jou familie se lewe red. Waarvoor wag jy? Om dit nou af te laai, kliek op een van die volgende links:

Android:

https://play.google.com/store/apps/details?id=com.crashdetech&hl=en

iOS:

https://itunes.apple.com/za/app/crashdetech/id1009301238?mt=8

Jaco Gerrits
Jaco Gerrits

Editor: Technology

Jaco Gerrits, one of South Africa's most innovative technology entrepreneurs, is a former Top Technology Entrepreneur Africa Award winner. He has further also been the winner of "The Venture" South Africa, where he represented the country in New York during a worldwide search for the best social entrepreneurs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.