DEURnis by : AARDKLOP 2017 – FEES NA #HARTELUS

AARDKLOP 2017 – FEES NA #HARTELUS

Vanjaar het Aardklop te danke aan hulle hoof borge kykNET en NWU weer sy merk gemaak in die fees kalender en dit was wel iets om te beleef!

Met al die wind, weer en so ook die baie lekker sonnige dae het die fees beslis mense van reg oor SA getrek en die kunste laat kook op verskeie verhoë! Van kuns, teater en sang talent het hulle debuut by die fees gemaak en soos altyd het die feesterrien gegons met mense en stalletjies!

Ek kan net dink dat dit wat die fees beplan vir 2018 net nog meer opwindend sal wees en ek kan nie wag om dit weer te gaan besoek nie.

Ek was geëerd om vanjaar die fees te kon bywoon as akteur wat deel kon maak van die nuwe teater beweging met die naam DEURnis wat vanjaar ons debuut gemaak het by Aardklop 2017. DEURnis bestaan uit twaalf produksies wat nege optredes per dag elk van Dinsdag tot Saterdag aand by die fees gehad het. DEURnis het altesaam meer as 540 optredes laat gebeur onder een dak by die fees, dit wil gedoen word!

 

 

 

Bo is al die produksies onder DEURnis

DEURnis is ‘n een-tot-een, plekspesifieke teaterproduksie met ‘n intieme en eksperimentele benadering. Dié unieke en grensverskuiwende teater-ervaring behels ‘n gehoorlid wat op ‘n aand drie afsonderlike dramatiese stukke na mekaar sien, elk met net een akteur wat vir die enkele gehoorlid speel. Elke toneel is ongeveer 20 minute lank en geskryf vir ‘n spesifieke vertrek in ‘n huis, waar die gehoorlid na afloop van een stuk na die volgende vertrek beweeg.

Die titel van die projek, DEURnis, is ‘n kombinasie van “DEUR” en “deernis”, aan die ander kant van die deur wat lei na die toneel kan die gehoorlid ‘n stuk verwag wat met deernis en gestroopte eerlikheid vertel sal word terwyl dit emosionele en sosiale vraagstukke sal aanspreek”.

DEURnis spog ook vanjaar met twee nominasies by Aardklop onderandere “Beste Algehele Aanbieding” asook “Beste Akteur” in een van die produksies.

Maak seker jy gaan loer bietjie op die facebook page onder “DEURnis” asook die webtuiste om meer uit te vind oor die produksie en die toekomstige feeste wat hulle gaan hou.

www.deurnis.co.za

DEURnis hoop om in 2018 meer kunstefeeste by te woon en selfs ook ń paar van hulle eie DEURnis feeste te hou. Maak seker jy mis nie weer uit nie!

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.