Dag 8 – Lui-wees in Parys

Dit reën vandag, so ons het besluit om ‘n rustige dag te neem. Ons het bietjie laat geslaap en ek het opgestaan en deur die foto’s begin gaan en begin edit.  Ek het met Een van my vriende Abel oor WhatsApp se video Lekker gesels en Hannelie het ons aangekyk soos twee mal mense in ‘n inrigting wat plek soek om te ontsnap. Ek kon myself nie help nie, ek en Abel het ‘n speletjie wat ons soos slange maak as ons mekaar sien en ek moes net ‘n screenshot neem van ons in die middel van so ‘n aksie. Jammer Abel! Ha ha

Vader alleen weet hoekom ons dit doen en waar dit ontstaan het, maar ons is hoe ons vriendskap is… Gevul met vreugde en spontane uitbarstings van lag, Tonne en tonne LAG! Ek glo dat vriendskappe soos lewendige vertonings is… Mense gaan woon dit by om te ontsnap van hulle wêrelde en realiteite en soms om dit te vind. Julle sal opmerk dat ek strategies geen gesig-trek foto van myop sit nie.  Dit is oor ek nog nooit my gesig getrek het nie… *Glimlag hier asof ek perfek is* “As ek maar net was.”

Lag ek nou lekker hier binne soos ek dit tik.  Die waarheid is dat ek eintlik dié siel is wat myself altyd bevind met een of ander Gesig op ‘n foto wat lyk asof ek sopas die boek op emosies geskryf het.

Omdat vandag net so lui-lekker dag is, het ek besluit om ‘n paar apps en goed wat jy wel mag nodig hê op ‘n Parys toer, met julle te deel.  Mens wil nou nie blindelings in ‘n mooi ding in stap nie. So hier gaan ons…

Apps wat jy nodig het vir Parys:

1) Google translate

Google Translate se app is fantasties! As jy nie ‘n nuwe simkaart wil koop vir Frankryk nie, moet jy dan net die tale wat jy wil gebruik op jou foon aflaai op wifi en dan is jy reg om rol.  Daar is altyd ‘n vroutjie wat vir jou die woorde kan uitlees met die regte uitspraak, sodat jy nie jou naam bollie maak in die publiek nie.  Ek het menigte male dié vakansie sekere woorde probeer uitspreek, net om ‘n snaakse kyk te kry soos dit klaarblyklik heeltemal verkeerd uitkom.

Die coolste ingeboude feature is défnitief die “live” feature. Sodra jy op die kamera ikoon click dan vertaal hy dit wat jy voor jou foon se kamera hou in ware tyd. Bygesê, selfs dit moet jy so bietjie logika toe pas.

Google translate verdien volgens my ‘n 9/10.

2) Maps.me

Hierdie is noodsaaklik vir enige iemand wat verdwaal soos ek. Ek verdwaal om ‘n sirkel in my eie buurt, wat nog van ‘n ander land. Die lekker ding van die app is dat dit gemaak is vir toeriste sonder enige wifi of Fraanse simkaarte. So, nadat jy die lands-padkaarte gedownload het, is jy reg om Parys op horings te neem. Die app wys selfs vir jou watter metro treine om te gebruik en waar om tussen hulle te wissel.

Maps.me kry van my ook ‘n 9/10 (Net omdat ek al een keer verdwaal het met hom :D).

3) Paris Metro

Nou dié app is soos pap in Afrika… ‘n Absolute goue app wat enige toeris moet hê as jy die metro stasies wil bemeester.  Kyk, hier in Parys het hulle jare gevat om ‘n infrastruktuur te bou wat werk en wat vinnig is. Ek wonder by myself hoe lank hulle in Suid Afrika sal vat om so struktuur te bou as hulle nou nog die Gautrain bou? Die Metropolitan struktuur is super vinnig en maklik as jy verstaan hoe hy werk en die app is fantasties om jou te wys hoe om by jou naaste trein stasie uit te kom en waar om te wissel ens.

Die app kry van my ‘n 10/10.

4) Lightroom CC

Nou vir enige iemand wat mal is oor mooi foto’s is dié app ‘n aanwins, veral in ons daaglikse samelewing waar almal mooi foto’s wil neem vir Sosiale media. Lightroom is een van Adobe se programme wat nou omskep vir die gerief van jou foon.  Dit is gratis en jy kan selfs jou filters wat jy maak copy en dan op ‘n ander foto sit en verander soos jy lus het. Effektief en maklik om met jou rekenaar te sync ook.  Ek persoonlik gebruik Lightroom al jare om al my foto’s te kies en om die kleure ens reg te kry. Daarna is dit Photoshop toe met hulle, waar ek die res van my magic doen.

Lightroom CC kry ok ‘n 10/10

5) Google Maps

Moet nie van old-faithful Google maps vergeet nie. Google maps is ‘n aanwins vir enige plek in die wêreld.

Hy kry ‘n 9/10 net omdat jy internet nodig het.

Nog items wat jy mag benodig op ‘n Parys trip:

1) Trein / Travel Padkaarte

Padkaarte kan by enige lughawe of trein stasie gekry word en ek sou sê dat dit wel baie nodig is.  Kry sommer vir jou een van elk… tot ‘n ondergrondse waterpyp kaart as jy kan! Alle kaarte is welkom in Europa… ‘n Mens weet nooit watse avontuur wag vir jou om die draai of waar jy op eindig om jouself te bevind nie.

2) Baadjies met fur of Pofkrae

Nes ek dink baadjies het fur / pofkrae net vir die mooi, besef ek dat in dié tipe koue, selfs mooi krae, warm kan wees.  Jou ore, nek en neus gaan jou later baie dankbaar wees.

3) Gemaklike skoene

As toeris kom jy nie agter hoe vêr jy per dag loop nie, Jy loop deur sonskyn, reën, wind en weer. Op die ou end jaag jy jou Discovery punte so op, hulle mag dalk ‘n pakkie brood na jou voordeur stuur, net om seker te maak jy kry genoeg voeding. Gemaklike skoene is dus ‘n moet! Ek sou sê, kry vir jou skoene met lekker rubber sole wat nie kan gly nie en wat jou oor berge en dale kan neem.

4) Pappa se Kredietkaart

Parys is vol “goue gems” vir die wat soek. Sodra jy na die buitehoeke van die stad reis is, is daar winkelsentrums met dieselfde goed, maar net tien keer goekoper. Moet oók nou nie alles staan en koop voor Kersfees nie. Na kersfees is alles in  Europa op 50% afslag en na Nuwe jaar, nog beter… 75% af. Nou, al probleem wat jy mag bevind is hoe om jou nuwe bagasie weer terug in Suid Afrika te kry.  Ek dink menigte mense gee hulle goed maar vir boemelaars.  Ons is al ‘n paar boemelaars verby met iPhones, mooi wol komberse en lekker paar Tekke, soos Jonathan sal sê. Kyk, hier kan jy bedel en nogsteeds die gerief hê van ‘n foon, kombers en matras.

5) Carefour winkels

Elke tweede winkel op straat verkoop ietsie om te eet, maar daar is ‘n winkelreeks in Parys genaamd Carefour wat nie net goedkoper as die res is nie, maar hulle kwaliteit is bobaas. Vir die langer travel deur Parys is dit heel goedkoper om by dié winkel groceries te koop en om dan self vir jou disse aan mekaar te slaan.

Daar is soveel goed wat ‘n mens nie aan dink totdat jy hier is nie. So, maak seker jy pak tonne avontuurlustigheid in en jy sal elke oomblik geniet. Ek hou julle op datum soos ons aangaan.

Francois Olivier
Francois Olivier

SOCIAL EDITOR

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.