Dag 5 – Jingle Bells & Barbès

“Jingle bells, Jingle bells…” My oë gaan oop. “Jingle all the way. Oh what…” Dis Kersfees!!! Die pure opwinding het my oë oop en maak my voel soos Jessie J, soos ek met my krakerige slaap-stem by hannelie se kerskoor inval. Ek is nie ‘n oggend mens nie, maar daar is drie spesiale geleenthede deur die jaar wat my oggende maak vier asof ek weer ‘n kind is. Verjaarsdae, Kersfees en NUTELLA! Ja,

Nutella is soos ‘n vakansie dag op sy eie.

Daar is net een ding beter as Nutella en dit is Nutella in my mond op Kersdag! So ek is uit die bed uit en die trappe af nog voordat Jingle Bells klaar gesing was. Ons gaan Kersdag rustig vat. Na ‘n hele jaar van rond hardloop en deadline na deadline is dit tyd vir lui-lê en verouder soos dit ‘n goeie blok kaas betaam!

Hier teen 4 uur, toe is my stil sit gier nou weg en is ek alleen die strate in. Ek is mal oor rond toer met myself.  Ek is nogals lekker geselskap en ek lag ook graag vir my eie grappies.  Soos ek die strate in vaar ervaar ek hoe soveel mense nie regtig tyd saam hul families spandeer nie. Daar is tonne mense wat by restaurante saam sit, maar apart lewe. So asof hulle, hulle etes oor WhatsApp of Instagram saam eet. Vir ‘n oomblik doen ek retrospek en besef ek dat ek nie regtig anders is nie en dat ek na die vakansie ‘n paar dinge gaan verander. Verhoudings met mense is belangriker as my Instagram.

Toe ek terug by die flat kom, en deur die eerste sekuriteit deur is, besef ek dat daar wel twee sekuriteits deure na mekaar is waarvan ek nie die tweede een se sleutels het nie. “HEEECTIIIIIC!” Sê ek hardop. Ek het vergeet om die sleutel saam te neem. Daar is buzzer knoppies aan die linkerkant en ek druk sommer almal. In Suid Afrika skroom mense nie om oop te maak nie. Ons is mos ‘n vriendelike nasie. Ons maak sommer vir ‘n boef of twee ook oop. Nie soveel die franse mense nie. “No!”, hoor ek een stem oor die intercom kom. “Tatta, Monsieur!” Kom ‘n ander stem. “Ongesik!” sê ek hardop, as ek weer op wifi kom, gaan ek die Fraans vir ongeskik opsoek. Maar vir nou sal afrikaanse uitdrukkings goed doen. Ek het vir ‘n oomblik gevoel soos ‘n deelnemer in Noot vir Noot. “Hier gan ek iewers ‘n prys wen.” Dink ek soos ek nog ‘n paar knoppies druk. Hannelie het besef hier gaan sy ook ‘n prys of twee wen, want sy het gou afgekom.  “Sy gaan hierdie speletjie geniet.” Dink ek, maar sy geniet dit meer om vir my te lag.

Ons is later die aand albei na die Sacre Cœur (wat my op ‘n manier baie herinner aan Hogwarts), waar ons saam met ons fraanse vriende ‘n nuwe tipe koue beleef het. “Ek dink dit gaan koud wees more!” Sê ek, “Nee, Asseblief nie! Ek moet nog met my rok rond parradeer.” Kom Hannelie se opmerking gou. Ons lag soos ons die strate af stap en dink aan hoe die mense haar gaan aan gluur. Ek dink die koue het na ons brein te gegaan, want ons het toe net oor alles begin lag.

Ek en Mehdi het besluit ons is honger en hy wou met alle mag en krag ons na sy gunsteling restaurant neem in die hartjie van Barbès Rochechouart. Hannelie en Kiko het besluit hulle is nie desperaat genoeg om na ‘n ander voorstad te reis vir kos nie, so hulle bly toe maar eerder agter en neem toe sitplek in by ‘n restaurant met heaters en ‘n uitsig.

Ons aan die ander kant is deur die strate en trein stasies, waarvan die laaste stop by Barbès Rochechouart my bietjie laat dink het aan Pretoria middestad op ‘n lekker aand. Foeitog, die polisie gryp toe daar ‘n man wat net ietsie mooi vir sy meisie wou steel. Toe die polisie hom so vat, toe weet ek, hiér gan hy hom nie fliek toe vat nie! Dit lyk so asof hulle die tango oefen, want daar is maar ‘n paar voet foute tussen in.  Gelukkig kry hulle nie punte vir hierdie dans nie. Die polisie man druk vir loverboy vas teen die vloer en hy lyk soos ‘n warm Marshmellow tussen twee marie beskuitjies. Met my mooi figuur besluit ek toe net daar… Kos kry voorkeur oor die grond en so is ek en Mehdi daar weg, weer die strate in, voor hulle besluit ek lyk ook soos ‘n marshmallow.

Ons het by die restaurant aangekom en ek moes geweet het, toe hulle vir loverboy toegesluit het, hierdie gaan ‘n plek vir die boeke wees. Soos ou Robbie Wessels sê in sy liedjie: “Hou vas, jou matras.” want hier sal hulle vir hom vat soos in die ou dae. Fancy en mooi is hulle nie, maar vriendelik en goedkoop is hulle wel.  Ek het my verlustig aan die bord kos en ons is vol daar uit.  Om vol te wees in parys moet jy of ‘n koninklike wees, of jy moet bereid wees om te travel vir ‘n vol bord kos.

Ons het langs die pad moes stop om vir Hannelie ietsie te kry om te eet, sy sou verseker nie die Barbès delikatesse geniet nie.  Terug by die res van ons mense, vind ons hulle met ‘n bottel wyn aan die wag vir ons.  “Ons geniet die view met lekker wyn” sê Hannelie soos ons sitplek in neem langs hulle.  Ons vergaap ons aan mense wat verby loop en geniet mekaar se gesleskap.

Na ‘n lekker aand van lag en samesyn is ons weer terug huiswaarts om slaap in te kry voor more se shoot.  “Hier kom pret” dink ek soos ek die lig afsit en in my warm bed klim. So onthou ek net weer dat elke oomblik ‘n geskenk is en sê ek net eers gou dankie vir alles.  Ek besef net weereens dat Kersfees ‘n perfekte tyd is om te onthou dat geld, geskenke en die res enige tyd kan verdwyn, maar ons verhoudings met ons mense die ding is wat gaan bly nadat alles weg is.

“Kyk na jou mense, want daar daan ‘n dag kom wat hulle na jou gaan moet kyk!”

Francois Olivier
Francois Olivier

EDITOR: CREATIVE

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.