Dag 4 – Notre-Dame my NOU!

Dis Ou kersdag… Ons aanvanklike plan was om vanoggend op te staan en Hillsong toe te gaan, maar lyk my, ons wekkers het ons gesaboteer. Parys se lug en die baie loopwerk maak dat ‘n mens net die heeltyd wil slaap sodra jy die kans kry. Ek voel soos Oliver Twist wat sing “Sleep, glorious sleep…” maar die dag moet ook seker maar iewers begin. Eks opgewonde oor vandag se avonture… vandag besoek ons die Notre-Dame!

Na die Hunchback of Notre-Dame was een van my grootste kinder drome om ‘n ou Gargoile-gremlim affêre aan te skaf, soos die een op die dak wat amper meer lugtyd al gekry het as Miley Cyrus. Maar in Suid Afrika is dit net makliker om ‘n toypom te kry.

Ons is vanoggend hier by die flat uit en het ons soos meesters van die Metro, die trein aangepak. Op ‘n stadium, klim almal van die trein af na ‘n man soos ‘n mal vark oor die interkom te gille gaan. Gin mens kan verstaan wat hy sê nie. Nie net omdat alles in Frans is nie, maar ook omdat hy so hard gil dat die speakers soos ‘n 16’de eeuse kakofonie eksperiment op honde klink. Ons het gou besef ons moet hier af nadat ons ‘n man buite gewaar het wat sy arms verwoed swaai in iets wat lyk soos handgebare uit een van ons presidente se nationale toesprake. Gelukkig is paniek ‘n universiële taal.

Ons staan en kyk hoe die trein wegtrek, maar daar was duidelik nog ‘n vrou wat nie die franse klank experiment verstaan het nie. Stoksiel alleen in ‘n trein met haar hande vasgenaal teen die vensters en ‘n kyk wat net ‘n ma sal verstaan, is sy die verte in saam met die intercom-man wat nogsteeds op haar gil. Shame… ek wonder of sy ooit kon afklim iewers?

Ons is direk op die volgende trein na Notre-dame. By die lughawe afgeklim, vind ons ‘n man wat die mooiste klanke met ‘n saag en ‘n viool stryk-stok kan maak. “Ek wonder hoe lank hou so stok as jy hom die heeltyd saag?” Dink ek by myself. Ek wonder of hulle saag lesse op skool aanbied? Soos Magdie ons Redakteur altyd sal sê: “Daar is twee goed waarop ons fokus… Mooi en Real! En die kern woord in Parys is MOOI. Ek en Hannelie is skaars weg toe die man op ons begin gil en vra vir ‘n tip. Ek besef gou dat hierdie die interkom man kan wees en dan ook hoekom niemand staan en kyk nie. As daar nou ‘n straat musikant is wat tien teen een ‘n kaart masjien sou hê, sou dit die man gewees het.

Ek kyk nog rond om te sien waar Hannelie is, maar die is mos al lankal die ooptes in. Ek het vinnig ingehaal en ons het net begin lag. Mense wat nors is se gesigte is altyd snaaks in retrospek. By die Notre-Dame aangekom besef ons, ons is nie die enigste toeriste in Parys nie. Daar is rye en rye wat die perseel wil in met Polisie orals wat mense bevoel en bevat vir gewere. Ek dink die dat baie van die polisie mans soos modelle lyk het ‘n paar vrouens gedink om selfs ‘n geweer dalk iewers langs die pad aan te skaf.

Ons het om die Notre-Dame geloop na die agterkant waar die tuine is. Dit is beeldskoon en Hannelie wys vir my waar sy getroud was. Hulle was die laaste paartjie wat die geleentheid gehad het om te trou in die Notre-Dame tuine, voordat hulle dit toe gemaak het. Ek kan sien dat diep in haar oë is daar ‘n plekkie wat deur hierdie trip genesing kry.

Sy vat die leisels en ons loop oor die brug en verby kunstenaars wat hul verfwerk doen. “Wow, dit lyk amper geprint.” Dink ek soos ons verby loop. Reg langs die rivier af is daar die oulikste stalletjies waar ‘n mens van boeke, magazines tot kunswerke kan koop. Ek stop by die een en sien ‘n VOGUE Magazine van Maart 1922. “Ek wonder of Jan van Riebeeck VOGUE gelees het?” Lag ek terwyl ek dit vir myself af vra. Daar is ELLE uitgawes van 1964 en ek geniet dit om te kyk na hoe die media industrie deur die tye verander het.

Ek en Hannelie is langs die rivier af en ons neem spontaan fotos en lag soos ons die pad afloop die onbekende in. Daar is ‘n ou man wat sy doof-langse hond staan en roep. Kyk, die man is tussen 80 en die graf en dat hy so moet roep, lyk amper gevaarlik. Ok, dit was meer gil en die oomblik toe sy are sy gesig bloed rooi inkleur met wat lyk soos pure liefde, besef ek hoekom die hond nie wil luister of terug keur nie. “Of dalk is die hond al doof gegil.” Sê ek vir Hannelie soos ons die pad vat.

Ons is die winkels in en ek besef ons gaan nog ‘n tas of twee moet koop om terug te vat. Een gedagte wat ek meer vrees as ‘n clown op die oomblik. Hoe gaan ons alles terug bring?

Ek en Hannelie het besluit om Kersfees regtig reg te doen. So ons is die strate in en het geskenkies vir mekaar gekoop. Bygesê, ons moes sneaky wees sodat die ander een nie agterkom wat ons elk beplan nie.

By die huis het ons geskenkies toe gedraai en kos aan mekaar geslaan. Klaar geëet het ons gesit met ‘n glasie champaigne en het ons, ons geskenke uitgeruil. Met baie lag deel ons een van die merkwaardigste gebeurtenisse in geskiedenis. Ek dink persoonlik die eerste groot sacrifice wat Jesus gemaak het was nie die kruis nie. Ek dink dit is die feit dat Hy actually afgekom het aarde toe en mens geword het.

Die atmosfeer is reg vir miracles en saam raak ons emosioneel oor hoe ver ons al gekom het en ek love die feit dat ons net ons kan wees. Ons kan voel wat ons voel en dit is ok. Kersfees is ‘n tyd wat ons soms so besig is dat ons van mekaar vergeet. Van ons kant af wil ons vir jou en jou gesin ‘n geseënde kerstyd toewens.

Vat die tyd en spandeer dit met die mense vir wie jy lief het. Maak seker hulle weet jy is lief vir hulle. Niemand is seker oor hoe baie tyd hulle het nie.

“Bring me flowers while I am still alive.”

Francois Olivier
Francois Olivier

SOCIAL EDITOR

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.