Dag 3 – dodgy dodgy

Ek is bly om te rapporteer dat ek toe nou nie te veel gewig verloor het met die trekery nie. Ons het vanoggend wakker geword in ‘n plek wat so lekker stil is, jy wil sommer nie opstaan nie. Maar Parys lê en roep! So ons het meeste van die dag bietjie gerus en Hannelie se klere reg gekry en opgehang soos picasso skilderye.

Ons het twee groot prioriteite gehad vandag. Gemaklike skoene vir Hannelie en ‘n LED lig vir my. Vandag begin ons ook foto’s neem. Yipeee. So is ons die strate in met geen idee waarheen ons oppad is nie, maar met ‘n hart vol avontuur.

Om agtergrond te gee, dit is 7 grade buite en ek en Hannelie kry nie regtig koud nie. Ek het vir Hannelie gesê dat ons nog nie die rokke vandag gaan aandurf nie. Ek wil hê sy moet eers gemaklik raak met die foto’s. So het sy besluit om dan ‘n lekker korter nommertjie aan te trek wat haar mooi maak voel. Bygesê, sy is beeldskoon binne en buite, so dit behoort regtig nie moeilik te wees nie. Ek en sy het ‘n speletjie begin waar ek begin tel het hoeveel mans amper hulle nekke breek om na haar te kyk. Sy is so mooi siel dat sy nie sien as iemand met haar flirt of as iemand sexistiese opmerkings maak nie. Maar ek aan die ander kant het goeie insig gekry en kyk die kat vinnig uit die boom uit. Ha ha. So vandag begin ons op ‘n scoreboard van 43 mans wat sy in twee dae opgebou het en ons eindig met ‘n grote telling van 78 mans, 1x vrou en 1x lady-boy (of dit kon dalk ‘n meer onafgeronde vrou gewees het met ‘n bas stem). Vandag was regtig nie anders nie. Ek dink persoonlik nie Europa sien baie blondines nie. Want kyk, na vandag vat ek sommer 2 storte.

Soos ek sê ons is die strate van Parys in, die keer in ‘n rigting wat ons nog nie was nie. Ons missie… gemaklike skoene. Ons is by ‘n paar winkels in voor ons besef het, ons is nie in die veiligste area nie. Ek en sy het besluit ons gaan die Metro treine begin bemeester en so spring ons maar op een op soek na ‘n minder dodgy area. Ons het by Gare du Nord stasie beland. Nou Gare du Nord mag dalk na ‘n keyboard winkel klink vir al ons mede musikante, maar dit is beslis nie wat dit is nie! Dit is ‘n trein stasie en boonop volgens my een van die grootste daarby. Dalk groter as ons eie OR Thambo en dan ook so besig soos ‘n honger miernes, opsoek na daai stukkie sjokolade wat jy gister laat val het.

Dit mag wees dat ons soos magnete was of dat dit net dodgy dag was, want toe ons volgende by Pegalle stasie afklim, was bloos die enigste opsie vir ‘n ou beskeie Afrikaner. Kyk, ek het kuns geswot en is eintlik al aan alles gewoond na my eerste jaar, maar Europa is ‘n spesiale tipe oop oor sex. Ons trek weg uit die stasie uit op ‘n straat met massas sex winkels in verskeie groottes. Die meeste wat ek al ooit gesien het en net hier voel dit toe mos nou vir my onveilig op ‘n nuwe manier.

Ek en Hannelie het so vinnig as moontlik die straat probeer verlaat. Maar soos ons loop, het sy opmerking na opmerking, asook ‘n paar aanboddens vir drugs en onsedelike dinge ontvang. Ons het gelag en so vinnig as moontlik probeer loop. Ons is uiteindelik uit die ‘slaghuis venster” van ‘n straat uit, in veiliger areas in en dit is net hier waar Hannelie nog ‘n duik in die ekonomie gemaak het. Ons is die strate af met nuwe skoene en koekies van ‘n hollandse winkel tot en met die bekende kersmark waar ons weer ons vriende Kiko en Midi raak geloop het.

Ek het vir myself ‘n jas aangeskaf wat my maak voel soos ‘n Indiaan uit ‘n ou Indiana Jones movie en Hannelie ‘n baadjie en handsak wat lady in red ‘n nuwe betekenis gee. Ek love dit soms om weird aan te trek en soms net nie. Ek dink my emosies speel ‘n groot rol in hoe ek aantrek, amper soos ‘n emosionele eter!

Hannelie is ‘n stylvolle vrou wat hou van mooi aantrek en mooi voel. Sy worry nie oor wat mense dink of sê nie, haar missie is om elke oomblik voluit te lewe en om soos die prinses te voel wat sy weet sy is. Sy wag nou al jare om terug te kom Parys toe en terwyl sy hier is, gaan sy elke oomblik benut. Die lewe deel soms harde klappe uit en Hannelie was al aan die ontvang kant van die lewens-hand. Sy was voorheen getroud en het haar Honeymoon en foto’s hier in Parys kom neem. Dat ons terug is, is vir my persoonlik amazing om te sien hoe sy genesing gevind het en hoe sy elke memory terug wen vir haarself. As ek die dinge moes deur gaan wat sy moes deur gaan, het ek tien teen een nie geweet waar en hoe om op te staan nie.

Maar ek kyk na haar en sy is vol passie vir die lewe en vol liefde vir mense en ek dink by myself “wow! Ek kan so baie leer van vergifnis en genesing, van net myself embrace, die lewe geniet en dankbaarheid vind in elke oomblik.”

So Parys is nie net ‘n metafoot vir vakansie of foto sessies nie. Nee, dit staan vir soveel meer; genesing, vryheid, liefde en meeste van als, die geleentheid om aan jouself te bewys dat jy meer werd is as wat die aksies van die wêreld jou maak glo het.

Ons is na die dag se aksie en fun weer op die trein terug huis toe en het Hannelie vir ons heerlike kos gemaak en wyn geskink. Die beste manier om ‘n lekker dag af te sluit. En soos hulle in Fraans sê: “Salut”. Vandag het ek geleer dat die wêreld jou kan gooi met opmerkings en dinge wat jou wil maak kruwel aan die binnekant, maar daar is ‘n lig wat binne jou is. En lig is sterker as donker. Die donker verteer nie die lig nie, nee. Die lig maak die donker wegkwyn.

Ek sê weer! Jy het lig binne jou! En die lig is sterker as enige donker wat om jou mag wees!

“A ship is safe as long as the storm on the outside, stays there!”

Francois Olivier
Francois Olivier

EDITOR: CREATIVE

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.