Christel van den Bergh gesels die maand met ons oor hoe sy haar drome jaag en hoe sy net soos ‘n swaeltjie soms een seisoen moes agterlos om op ‘n latere stadium weer terug te keer. Ons Cover shoot met Christel was ‘n fees en met Christel in enige vertrek saam met jou, kan jy nie anders as om te dink dat enige van jou drome waar kan word nie. Haar positiwiteit en lewe wat sy bring tot die tafel, los ‘n mens anders.
Ons hele idee was om nie net volgens die tema “Vere Bravade” te gaan en die cover vere te gee nie, maar om die storie agter Christel vas te vang in ‘n foto wat jou kan maak droom sodra jy dit sien. My mikpunt is altyd om ‘n kunswerk te maak met die Cover model, soos wat jy haar nog nie gesien het nie.
Christel se simboliek van ‘n swaeltjie het ons geinspireer om vlerke in te bring asook kleure soos Turquise en blou wat jou die ilusie gee van ‘n voel in vlug. Die hele Oktober maand wil ons jou maak glo in drome wat bekombaar is! Jy kan vlieg!
“But, what if I fail? Oh, but darling, what if you fly?” – Erin Hanson
Die dag het begin waar ons almal bymekaar gekom het by Summit Grill & Skybar in Menlyn. Die plek is fantasties en mooi met ‘n uitsig wat net so merkwaardig is. Follicle Hair Artelier het aan die werk gespring en Strands of Love Hair Extentions het vir Christel extra voom gegee met extra lengte hare. Ons het ook nie net gebly by die normale hare nie, nee! Ons hou mos van anders wees! Ons het besluit om Christel se hare ‘n braided, dreadlock & beachy feel te gee. Ons was bevoorreg om met ontwerper en Kunstenaar Willet Couture Design te werk, wat vir Christel se rokke en vlerke handgemaak het om haar inner swaeltjie en mermaid uit te bring. Dankie ook aan Lovisa SA wat die pragtige juwele verskaf het.
Christel was so ‘n maklike mens om mee te werk en sy was net so opgewonde soos ons was, om die cover ‘n stukkie kuns te maak. Ons het skaars begin, toe is ons albei in die swembad. na die lekker afkoel sessie, was die res van die dag ‘n bries. Ons hoop julle geniet die foto’s en vind die storie inspirerend. Mag jou drome een vir een begin waar word en mag jy met elke droom wat waar word, net groter en groter begin droom. The sky is not the limit!
Hier is agter die skerm foto’s van Christel se Cover Shoot:
Krediet:
Cover Model: Christel van den Bergh
Fotografie & Redigering: Francois Olivier
Produksie: Magdie Raats
Hare & Grimering: Follicle Hair Atelier
Gekleë deur: Willet Designs Couture
Juwele: Lovisa Jewelry SA
Venue: Summit Grill & Skybar