Chinchillas is een van die troeteldiere wat onlangs my belangstelling getrek het.
Hulle is nie enige persoon se eerste keuse as dit kom my die uitkies van hulle troeteldiere nie, maar hierdie klein bolletjie is te kostelik om net mis te kyk.
Voordat jy enige drastiese besluite neem en jaag na die naaste plek wat Chinchillas verkoop moet jy in ag neem dat hierdie diertjie tot en met 15 jaar kan leef. Chinchillas is lewendige diere en is nag-diere en is geneig om te byt wanneer hulle bedruk of senuweeagtig voel, daarom word dit nie aanbeveel vir huishoudings met jong kinders nie.
Chinchillas is geneig om nuwe omgewings met hulle mond en tande te verken. Dit sal dus wys wees om alle elektriese toestelle en bedrading uit sig uit te hou.
Chinchillas is herbivore en eet dus oorheersend groen plantjies, grasse en kou graag aan boom basse om die tyd verby te kry. Chinchillas is mal oor rosyntjies en bosbessies, so hou jou kaste vol van hierdie bederfies.
’n Chinchilla is dierbare spesie en is die ideale troeteldier vir enige iemand wat hou van klein, sagte en energieke “furry-friends”