Bonjour Paris

Ek sit hier op die vliegtuig bewonder die mense wat langs my slaap. “Hoe doen hulle dit?”, Wonder ek, “op n vliegtuig ook nog!” Ek kon nog altyd op enige plek of tydstip aan die slaap raak, maar ek dink dit is die oud word proses of dalk net die 10 ure stil sit wat dit moeilik maak. Kyk, na ‘n uur van stil sit, is ek al bereid om om ‘n sirkus vrou se baard te verkoop vir ‘n boetjie verligting. Nie eers te praat van 10 ure nie… Hoe lekker lag ek nou soos ek hierdie skryf.

Vir die van julle wat wonder waarheen ek oppad is of wat ek daar gaan maak, ek is huidiglik op ‘n vlug na Parys, Frankryk, toe. Een van my vriendinne asook een van die mees amazingste mense wat ek ken het my genooi om saak met haar te toer deur Parys en so ook foto’s orals te neem. Laat ek jou vertel, die proses om tot hier te kom, was ‘n proses en ‘n half. Dit voel half asof ek besig is on een of ander noord koreanse kind aan te neem met al die forms, visums en stamps. Bygesê, dit is alles die moeite werd! So as jy ooit die kans kry… Doen dit!! Travel! Sien die wêreld!

Ek sien uit om te sien hoe hierdie journey gaan ontvou. Ek wonder watter nuwe plekke, mense en avonture lê en wag? Ek is mal oor vlugte, ek dink dit is oordat ek mal is oor mense. Ek het April 2017 oppad Kaapstad toe ‘n Tai vrou gehad wat lang my gesit het op die vlug. Sy het my probeer oorreed het om Tauism as geloof aan te neem. Nou nie die algemene vlug praatjie nie, maar ek het dit gelove om langs haar te sit en ek het so baie geleer. Nee, ek is nie Tau mens nou nie, maar daardie geskrek het my so baie geleer! Dit is gewoonlik die mense wat jy dink benede jou is, wat jou die meeste kan leer. Haar passie en conviction in wat sy glo was so inspirerend en het my passie weer aangesteek.

Om terug te kom by my storie… Ek sien uit om die mense om my te ontmoet (die seun links van my, dié lyk na ‘n skaam franse seun en dan die een aan my regterkant, is ‘n arabierse knaap wat hou van snork. 😀 Laat ek aan die slaap kom want more is dit: “Bonjour Paris”

Francois Olivier
Francois Olivier

SOCIAL EDITOR

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.